Parkdene High
Geleë in Parkdene in die hartjie van die tuinroete Parkdene High is filled with talent...we have amazing dancers ,great singers and creative poets.
Our school is known for it's cultural diversity and strong believe in Jesus Christ.
Aandag alle Graad 12 ouers en leerders
Gr 12 Ouervergadering op 25 Julie om 17h00 in die skoolsaal .
Die tyd van die vergadering is aangepas as gevolg van beurtkrag.
Baie dankie
02/11/2022
Diplomaplegtigheid 2022
Verlede week het ons die Graad 10-en 11- leerders vereer vir hul harde werk die jaar. Dankie aan al die opvoeders en leerders wat hierdie dag ‘n sukses gemaak het. Ons is so trots op al ons leerders.
Veels geluk aan ons Top presteerders van 2022!
Geagte Ouers/Voogde
GRAAD 11 OUERVERGADERING
Hiermee word u kennis gegee van 'n akademiese ouervergadering op Maandag, 8 Maart 2021, in die Parkdene Skoolsaal. U teenwoordigheid word hoog op prys gestel.
Om sosiale afstand te handhaaf vra ons dat u soos hier onder genoem, sal aanmeld. Dra asseblief 'n masker.
Om 17h00 ouers van leerders in die volgende register klasse:
11A - Me. M. Minnaar
11B - Mnr. H. Joseph
11C - Me. I. Blaauw
Om 18h00 ouers van leerders in die volgende register klasse:
11D - Me. M. Morris
11E - Mnr. T. Adolph
Dankie vir u samewerking
Me. J. Arendse
Gr. 11. Sameroeper
Goeie naand almal
Ek gee net kennis dat die graad 12 uitslae van 2020 se matrikulante op Dinsdag om 12h00 by die skool beskikbaar sal wees. Die graad 12 leerders van verlede jaar kan dit 12h00 by die skoolsaal kom afhaal.
Baie dankie.
D Petersen
Waarnemde prinsipaal
Goeienaand Ouers en leerders
Hier volg belangrike inligting.
1.Alle graad 8 tot 11 leerders moet Maandag 22 Februarie om 8h00 aanmeld as hulle by groep 1 ingedeel is.
2.Alle graad 8 tot 11 leerders moet Maandag om 11h00 aanmeld as hulle by groep 2 ingedeel is.
3.Alle leerders van Hoekwil en Touwsranten moet almal maand oggend om 8h00 aanmeld.
Dankie
Ter inligting:
Hierdie blad sal net tot einde Februarie aktief wees, waarna ons dit sal onaktiveer. Parkdene Sekondêr het reeds 'n nuwe blad: *Parkdene SS: Amptelik* geskep wat u moet volg vir meer inligting en enige kommunikasie vanaf die skool. Hier onder volg die skakel:
https://www.facebook.com/Parkdene-SS-Amptelik-103072115132692/
Parkdene SS: Amptelik Secondary School in George
Goeie Middag Ouers en Leerders
Alle gr11 leerders meld môre, 18 Feb. 2021 om 8:00 by die saal aan vir skandering. 'n Kort byeenkoms in die saal sal volg, waar jul in klasse ingedeel sal word.
Onthou asb. die volgende:
*Kom netjies, in volle skooldrag, geklee
*Dra jou masker
*Skryfbehoeftes
*Jou ID
*Kontakbesonderhede: adres waar jy huidiglik woon en 2 werkende selfoonnommers.
Baie dankie.
Goeie Middag Ouers en Leerders
Ons herinner u net weer van die datums wanneer die leerders by die skool moet wees.
Maandag: Graad 12 & 8
Dinsdag: Graad 12 & 9
Woensdag: Graad 12 &10
Donderdag: Graad 12 & 11
Vrydag: Graad 12 & 11
Alle leerders moet aanmeld in uniform en al hul skryfbehoeftes saambring vir onderrig.
Dankie
Mnr. D. Petersen
Goeie Middag Ouers en Leerders
Alle matrikulante meld Maandag, 15 Feb. 2021 om 8:00 by die saal aan vir skandering. 'n Kort byeenkoms in die saal sal volg, waar jul in klasse ingedeel sal word.
Onthou asb. die volgende:
*Kom netjies, in volle skooldrag, geklee
*Dra jou masker
*Skryfbehoeftes
*Jou ID
*Kontakbesonderhede: adres waar jy huidiglik woon en 2 werkende selfoonnommers.
Baie dankie.
Juf M. Theron
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
George
6536