03/02/2018
Boodskap wat nou so pas deur Chris Hattingh gestuur is..NB
Aandag alle oud Kwaggas: ons is tans besig om n lys van nasionale en internasionale sport- en kultuursterre saam te stel met die oog op ons eeufeesvieringe in 2023. Help ons asseblief met name, die aktiwiteite en die prestasies. Byvoorbeeld: Johan Heunis, Springbokrugbyspeler, 14 toetse of Branden Grace, 2 x Presidentsbekerspan, laagste rondte in n Major (62), was nommer 10 in die wêreld of Manuel Villet, wêreldbekende pianis, tree op in al die bekende konsertsale van die wêreld of Demi-Leigh Nel-Peters, mej. Heelal. Ons het reeds 94 oudleerders geïdentifiseer, maar ons lys is verseker nog onvolledig. Help ons asseblief om die lys volledig te kry. U kan gerus ook die skool kontak en ons inlig. Baie dankie.
Kontak die skool in hierdie verband asb! Alhoewel, indien jul hierdie page kontak, sal ons die inligting dadelik aanstuur. Ons ken almal oud kwaggas wat werklik uitgeblink het!