11/12/2025
Nayhla Jansen, ’n Gr. 11-leerder by ons, kom al die pad van Protea Park. 🌟
Die rugbygogga het haar drie jaar gelede behoorlik gebyt! Sy was een van drie
SWD O/18-meisies wat genooi is na die
O/18-Elite-groep in Paarl, waar ’n SA-span gekies is en sy het dit met lof behaal. 💪🏽🏉
Nayhla het vanjaar 17 geword en haar toekoms lyk ongelooflik rooskleurig. Ons is trots op jou, Nayhla! 🌹✨