23/09/2026
🏉🌟 BAIE GELUK, SHAOLIN! 🌟🏉
Graag wil ons van hierdie besondere geleentheid gebruik maak om vir Shaolin Seconds baie geluk en sterkte toe te wens! 🎉👏
Shoalin vertrek môre, 24 September 2026, na Stellenbosch, waar hy die geleentheid sal hê om aan die SWD Cravenweek deel te neem. 🏉🔥
’n Verdere besondere prestasie is dat Shaolin aangewys is as die onderkaptein van die span! 🏆💪
Ons is ongelooflik trots op jou, Shaolin! ⭐ Jou harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het jou tot hier gebring.
Geniet elke oomblik, speel met trots en gee jou beste! Ons staan agter jou en wens jou ’n veilige reis en ’n onvergeetlike Cravenweek toe! 🇿🇦🏉
Gaan wys hulle wat jy kan doen! 💛💚 🔥