Parkdene Primêr

Parkdene Primêr Kom loer wat alles by Parkdene Primêr aangaan.

Lenteskool vir Graad 6 leerders.Datums:Woensdag,30 September 2026.Donderdag,01 Oktober 2026.Tyd: 9:00-11:30.
23/09/2026

Lenteskool vir Graad 6 leerders.

Datums:
Woensdag,30 September 2026.
Donderdag,01 Oktober 2026.

Tyd: 9:00-11:30.

🏉 BAIE GELUK, MANNE! 🏉Parkdene Primêr en die breë gemeenskap wil ons hartlik gelukwens aan ons drie rugbyseuns, *Tyron P...
23/09/2026

🏉 BAIE GELUK, MANNE! 🏉

Parkdene Primêr en die breë gemeenskap wil ons hartlik gelukwens aan ons drie rugbyseuns, *Tyron Plaaitjies, Joshua Andrews en Leroi Dickens*, met hul insluiting in die *SWD Rugby O/12A-span!*💚🏉

Dit is vir ons skool ’n besonderse prestasie en ’n oomblik waarop ons as *Parkdene Primêre Skool* ongelooflik trots is. Ons wens julle alle voorspoed en sukses toe vir die toernooi wat van *24–26 September 2026 by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch* plaasvind.

🌟 *Speel met trots. Speel met passie. Verteenwoordig Parkdene met trots!* 🌟

Ons wil ook met groot dankbaarheid ons opregte waardering uitspreek teenoor *Mnr. Elton October van CAW Distributors* vir sy ongelooflike ondersteuning en groot bydrae wat gemaak het om die seuns se finansiële uitgawes aansienlik te verlig.

*Baie dankie, Mnr. October!* 🙏
Ons waardeer u ondersteuning en bydrae opreg. Dit maak ’n besondere verskil in die lewens van ons leerders.

💚 *Parkdene Primêr is trots op julle!* 💚
*Een skool. Een gemeenskap. Een trots.* 🏉

💜🖤💜
18/09/2026

💜🖤💜

18/09/2026

Vandag staan ons as Parkdene Primêr Skool se opvoeders saam in swart, nie net as n teken van bewustheid nie, maar as ‘n belofte om 'n veilige, liefdevolle en respekvolle omgewing vir elke leerder te skep.

Mag ons stemme, ons voorbeeld en ons dade ‘n verskil maak. Saam leer ons, ons kinders dat respek, liefde en omgee altyd sterker as GEWELD is...

Een Skool. Een Span. Een Boodskap: NEE VIR GEWELD!!!

🎺💙 ANNUAL RALLY – 27 SEPTEMBER 2026! 💛Kom ondersteun die George Diocesan Regiment Church Lads’ & Girls’ Brigade by hul j...
17/09/2026

🎺💙 ANNUAL RALLY – 27 SEPTEMBER 2026! 💛

Kom ondersteun die George Diocesan Regiment Church Lads’ & Girls’ Brigade by hul jaarlikse Rally! 🎶🥁

📅 27 September 2026
⏰ 12:00
📍 Parkdene Primêr skool

Bring die gesin en geniet ’n lekker middag vermaak! 🎺✨
Sien julle daar! 💙💛

Gelukkige Verjaasdag juffrou Theron🎊🎉💐.
12/09/2026

Gelukkige Verjaasdag juffrou Theron🎊🎉💐.

📚✨ LETTERKUNDE DAG BY PARKDENE PRIMER! ✨📚Vandag het ons ons liefde vir letterkunde gevier! Die saal is omskep in ’n kleu...
08/09/2026

📚✨ LETTERKUNDE DAG BY PARKDENE PRIMER! ✨📚

Vandag het ons ons liefde vir letterkunde gevier! Die saal is omskep in ’n kleurvolle letterkunde-uitstalling waar ons leerders die geleentheid gekry het om blootstelling te kry aan verskillende letterkunde genres – van gedigte en kortverhale tot dramas, romans en nog vele meer. 🎭📕📝
Die doel was om leerders te wys dat letterkunde nie net iets is wat ons in ’n handboek leer nie, maar iets wat ons kan lees, ervaar, verbeel en geniet. 🌟

’n Groot dankie aan almal wat gehelp het om hierdie besondere dag moontlik te maak. Ons hoop dat elke leerder vandag met ’n nuwe waardering vir die wonderlike wêreld van woorde weggestap het! 💙📚
“Woorde maak wêrelde oop.” 🌍✨

🌟 Entrepreneursdag 2026 🌟Vandag het ons Graad 7’s hul Entrepreneursdag gehou! Dit was ’n wonderlike dag vol kreatiwiteit...
04/09/2026

🌟 Entrepreneursdag 2026 🌟

Vandag het ons Graad 7’s hul Entrepreneursdag gehou!

Dit was ’n wonderlike dag vol kreatiwiteit, energie en nuwe idees. Ons leerders het hul entrepreneursvaardighede gewys, geleer hoe om hul eie idees in besighede te omskep en sommer baie pret gehad! 👏😊

Ons is ongelooflik trots op elke Graad 7-leerder wat met soveel entoesiasme en kreatiwiteit deelgeneem het. ❤️

🌸 Gelukkige Sekretaressedag 🌸Vandag vier ons drie besondere dames wat elke dag agter die skerms sorg dat ons skool se ad...
03/09/2026

🌸 Gelukkige Sekretaressedag 🌸

Vandag vier ons drie besondere dames wat elke dag agter die skerms sorg dat ons skool se administrasie vlot verloop.

Dankie vir elke oproep, elke e-pos, elke dokument, elke navraag en elke ouer wat met ’n glimlag gehelp word. Julle geduld, vriendelikheid, harde werk en toewyding maak ’n ongelooflike verskil aan ons skoolgemeenskap.

Julle is die hart van die kantoor en dikwels die eerste vriendelike gesig wat mense by ons skool ontmoet. 📚🌷

Baie dankie vir alles wat julle doen en vir die spesiale rol wat elkeen van julle in ons skool speel. Ons waardeer julle baie.

💐 Gelukkige Sekretaressedag 💐

Address

Ballotstraat Parkdene
George
6529

Telephone

+27448758562

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Parkdene Primêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Parkdene Primêr:

Shortcuts

Share

Category