05/10/2026
๐ธ Gelukkige Onderwysersdag aan my besonderse span! ๐ธ
Vandag wil ek net vir elkeen van julle uit my hart dankie sรช. โค๏ธ
Dankie vir elke drukkie, elke traan wat julle afvee, elke klein handjie wat julle vashou en elke maatjie wat julle met soveel liefde, geduld en omgee help groei.
Wat julle elke dag doen, is soveel meer as net โn werk. Julle vorm klein mensies, bou selfvertroue, skep veilige ruimtes en plant saadjies wat nog vir baie jare sal groei. ๐ฑ
Ek sien julle harde werk, julle opoffering en die liefde wat julle elke dag vir ons kinders gee โ selfs op die moeilike en uitputtende dae.
Ek is ongelooflik dankbaar dat Koeitjies en Kalfies so โn spesiale span het. Julle is die hart van ons skool en elkeen van julle maak โn verskil. ๐ฎโค๏ธ
Gelukkige Onderwysersdag, my spesiale Juffrouens!
Mag julle vandag besef hoe kosbaar en waardevol julle werklik is.
Baie liefde en waardering
Charnรฉ ๐ธ
Koeitjies en Kalfies Speelskool en Babasorg / Voorbereiding en Nasorgsentrum