Ek het dit die hele tyd gedoen — vir almal opdaag, behalwe vir myself.
Dinsdag kan dit verander. 🤍
'n Paar plekke is nog oop vir Die Reis Terug na Jouself — stuur "ONSIGBAAR" as jy wil weet hoe.
Bebe Clasen High Performance Coach
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Bebe Clasen High Performance Coach, Personal coach, 17 Modderkloof Close Kraaibosch Manor, George.
I help women who look strong on the outside but feel exhausted on the inside break free from burnout, self-sabotage, and repeating patterns — at the root, for lasting results.
Ek het dit die hele tyd gedoen — vir almal opdaag, behalwe vir myself.
Dinsdag kan dit verander. 🤍
Daar is nog 'n paar plekke oop vir Die Reis Terug na Jouself — stuur "ONSIGBAAR" as jy wil weet hoe.
09/08/2026
12-week Reis Terug na Jouself begin 18 Augustus 🌿
As jy voel jy het jouself begin verloor in people-pleasing of altyd “reg” wees… is hierdie reis vir jou.
Bespreek jou Ontdeksessie en begin jou pad terug na waar jy jouself kan wees ten spyte van die druk van die lewe.
Stuur “REIS” 🤍
Daar is altyd iemand wat iou bel wanneer dit swaar gaan.
lemand wat haar hart vir jou oopmaak. lemand wat weet jy sal luister sonder om te oordeel
Jy is daardie persoon.
Maar wanneer laas het iemand vir jóú gevra: "En hoe gaan dit regtig met jou?"
Wanneer jy meestal die een is wat almal dra, is dit maklik om ou eie behoeftes, drome en storie op die agtergrond te skuif
Jy raak só besig om daar te wees vir AL die ander, dat jy later nie meer weet wat vir jou belangrik is nie.
Die Reis Terug na Jouself gaan nie daaroor om minder vir ander om te gee nie.
Dit gaan daaroor om weer tyd en ruimte vir jouself te maak. Om weer jou eie stem te hoor Om weer met jou eie storie te connect
12 weke. 'n Klein groepie van net 8 vroue. 'n Veilige plek om jouself weer te vind.
As jy voel jy het iewers langs die pad verdwaal...
Stuur vir my "ONSIGBAAR", en kom ons gesels.
"Safety is not the absence of threat; it is the presence of connection."-Gabor Maté-
Ons d**k veiligheid beteken: niks kan verkeerd gaan nie. Maar jou senuweestelsel werk nie so nie. Dit vra net een ding: is daar iemand by wie ek net kan wees?
Dis hoekom jy in 'n verhouding kan wees — getroud, omring deur mense — en steeds elke aand alleen voel. Nie omdat hulle nie lief is vir jounie.
Maar omdat jou liggaam nog nooit geleer het hoe om regtig te ontspan in konneksie nie.
Dit is presies waar ons in Reis Terug na Jouself begin. Nie met nog 'n tegniek nie — met jou senuweestelsel wat uiteindelik leer: ek is veilig.
Ek word gesien. Ek kan net wees.
Jou reis terug na jouself — 12 weke, saam met my.
DM "RIGTING" 🤍
29/07/2026
Jy sê jy's fine.
Jy staan op, jy maak koffie, jy glimlag vir almal wat vra hoe gaan dit. "Fine, dankie." Kort. Kragtig
Maar iewers diep binne weet jý dis nie die waarheid nie.
Jy hou alles aan die gang. Jy kla min en jy doen baie — en mettertyd tap dit jou energie en dit steel jou vreugde sonder dat jy dit agtergekom.
Dis nie omdat jy swak is nie. Dis omdat jy jare gelede geleer het: pas aan, moenie te veel spasie vat nie, sorg dat ander gemaklik voel.
En dit het so deel van jou geraak dat dit voel of dit maar net is wie jy is.
Dis nie wie jy is nie. Dis net waar jy vasgesteek het.
Kom ons vra vandag saam: is ek regtig oukei? 🤍
DM "Vol" as jy reg is om te ontdek waar jou onsigbare handrem vasgetrek is.
Jy lyk sterk.
Jy kry alles gedoen. Mense bewonder hoe jy alles hanteer.
Maar niemand sien hoeveel dit jou kos om elke dag aan te hou nie.
Om alles alleen te dra is nie 'n teken van krag nie.
Dis dikwels 'n teken dat jy só gewoond geraak het om te oorleef, dat jy vergeet het hoe dit voel om ondersteuning te ontvang.
Jy is nie gemaak om net vir almal daar te wees nie. Jy is ook gemaak om weer ruimte te hê vir jou eie drome.
Jy hoef nie aan te hou voorgee dat dit goed gaan nie.
💛 Stuur vir my "MEER" in 'n DM, en kom ons gesels oor hoe jy weer van oorleef na lééf kan beweeg.
Ek het die boeke gelees. Ek het die grense probeer stel. Ek het die kursusse en retreats gedoen.
En tog...
Voel ek steeds soos dieselfde moeë vrou.
Net met meer skuldgevoel, want ek het begin d**k: "Hoekom werk dit vir ander... maar nie vir my nie?"
Die waarheid is...
Dis nie omdat jy nie hard genoeg probeer het nie.
Jy kan nie met wilskrag verander wat jou senuweestelsel vir jare geleer het om te doen nie.
As jy vasgevang is in oorlewing, sal jy aanhou terugval in dieselfde patrone—maak nie saak hoeveel boeke jy lees of hoeveel keer jy belowe dat môre anders gaan wees nie.
Daar is niks fout met jou nie.
Jy het net 'n senuweestelsel wat veiligheid nodig het voordat ware verandering moontlik kan word.
As jy voel jy het al alles probeer, maar jy is steeds op dieselfde plek...
Stuur vir my ONSIGBAAR 📩
Kom ons kyk saam wat jou regtig vashou.
Het jy al ooit gevoel jy weet nie meer wie jy is nie?
Nie omdat jy verander het nie... Maar omdat die lewe so hard geraas het dat jy opgehou het om jouself raak te sien.
Wanneer jou senuweestelsel vir lank in oorlewing is, begin jou brein outomaties fokus op probleme, verantwoordelikhede en dit wat verkeerd kan gaan.
En stadig, amper ongemerk, verdwyn jy.
Maar net soos die veldblomme in hierdie video, was hulle net skielik daar toe ek stadiger stap nie.
Hulle was die hele tyd daar.
Miskien is dit ook waar van jou.
💛 DM "JA" en ek maak 'n gratis Ontdeksessie met jou, waar ons saam kyk hoe vol jou "streshouer" is – en wat dit jou elke dag kos.
Het jy al ooit gevoel jy weet nie meer wie jy is nie?
Nie omdat jy verander het nie... Maar omdat die lewe so hard geraas het dat jy opgehou het om jouself raak te sien.
Wanneer jou senuweestelsel vir lank in oorlewing is, begin jou brein outomaties fokus op probleme, verantwoordelikhede en dit wat verkeerd kan gaan.
En stadig, amper ongemerk, verdwyn.
Maar net soos die veldblomme in hierdie video, het hulle nie skielik verskyn toe ek stadiger begin stap nie.
Hulle was die hele tyd daar.
Miskien is dit ook waar van jou.
🌼 As jy moeg is vir oorlewing en gereed is om weer te begin leef, nooi ek jou om 'n gratis afspraak met my te maak, waar ek jou help verstaan hoe druk jou uitkyk op die lewe beïnvloed.
Stuur vir my 'n DM met "JA" en ek stuur vir jou die skakel vir my aanlynkalender. 💛
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
17 Modderkloof Close Kraaibosch Manor
George
6530
Opening Hours
| Monday | 18:30 - 19:00 |
| Tuesday | 09:00 - 10:30 |
| 11:00 - 12:30 | |
| Wednesday | 09:00 - 10:30 |
| 11:00 - 00:30 | |
| Thursday | 09:00 - 10:30 |
| 17:30 - 19:00 |