26/08/2026
๐๐ช๐๐๐๐ ๐ฅ๐๐จฬ๐ก๐๐ ๐ก๐๐ช๐๐๐ ๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฒ
21-22 Augustus 2026
Klasse van 1986, 2006 en 2016 | BTH 100 Jaar
Wat โn besondere naweek vol herinneringe, lag, vriendskap en Kwagga-gees!
Vrydagaand het oud-leerders van verskillende generasies in die skoolsaal saamgekom om ou stories af te stof, nuwe herinneringe te skep, heerlik saam te eet en die dansvloer behoorlik aan die beweeg te hou. Dit was โn aand gevul met nostalgie, herontmoetings en die besef dat ware vriendskappe die toets van tyd deurstaan.
Saterdagoggend het die reรผniegroepe die geleentheid gehad om saam met ons Skoolhoof, Mnr. Vorster, โn terreintoer te geniet. Vir baie was dit โn reis terug na hul skooldae, waar elke gebou, gang en sportveld herinneringe van โn besondere tyd wakker gemaak het.
Na afloop van die toer het almal die Dewald Human Kwagga Rugby 7โs by die pawiljoen geniet. Die hoogtepunt was beslis die wedstryd waar oud-leerders weer hul Kwagga-trots op die veld gewys het.
Dankie aan elke oud-leerder, ondersteuner en vriend van die skool wat hierdie naweek so onvergeetlik gemaak het. Die stories, lag en herinneringe wat gedeel is, sal nog lank in ons harte voortleef.
โn Spesiale woord van dank aan ons wonderlike verskaffers en vennote:
Van Rensburgs Slaghuis
Nation Events
Kwagga Ondersteuners Rugbyklub
Outeniqua Brew
Something Special
Toniโs R5 Store
Hunky Dory Blomme
Flowers 4 U
Kwagga-wees is nie net iets wat jy was nie, dit is iets wat jy vir altyd bly.