09/01/2023
Geagte Ouers/Voogde en skool gemeenskap van ons Joey's Babies Kleuterskool en Nasorg.
n Nuwe jaar 2023 het aangebreek, al die ou dinge het verby gegaan en ons kan opnuut begin.
Aan ons Joey's Babies Kleuterskool en Nasorg gemeenskap - Ouers en Voogde, baie dankie vir u ondersteuning en samewerking in die jaar 2022. Dit was n voorreg en goed om aan u n diens te kon lewer. Ja daar is enige aspek van die lewe, plek vir verbetering en groei. Daarom sien ons uit om weer hierdie jaar hand aan hand te werk, om so doende ons kinders die beste moontlike kaans te gee in hierdie onvoorspelbare wereld.
Baie welkom aan al ons ouers/voogde en n spesiale welkom aan ons nuwe ouers/voogde hier by Joey's Babies.
Ons staar egter nuwe uitdagings en nuwe geleenthede in die oe. Daarom is dit die gebed van my hart, dat ons as skoolgemeenskap, ons Hemelse Vader sal in nooi om sentraal in Joey's Babies, ons skool te kom staan. Dat Hy ons sal lei en dat ons Hom sal volg.
Geen uitdaging is te groot vir ons Jesus Christus nie... En daarom sal Hy ons seen soos Hy ons nog elke jaar ons seen.
Jeremia 29:11... "Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die HERE. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.
Mag die Here vir u in 2023 seen met voorspoed en liefde, mag die guns van God oor u wees en in besonders op ons die lewe van ons kosbare kindertjies.
God's Blessings
Liefde
Joey's Babies Span.