L.R.Schmidt Primary School

L.R.Schmidt Primary School Genadendal Primary School

Gelukkige Sekretaressedag! 🌸Hulle sê mos "save the best for last" - Baie dankie aan ons fantastiese sekretaresse. Jy is ...
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag! 🌸

Hulle sê mos "save the best for last" -

Baie dankie aan ons fantastiese sekretaresse. Jy is die een wat alles bymekaar hou, altyd reg is met 'n vriendelike woord en 'n oplossing vir alles.

Jou harde werk, jou glimlag en jou groot hart word elke dag raakgesien en opreg waardeer. Ons is so bevoorreg om jou te hê!

Dankie vir alles wat jy doen! Jy is goud werd! 💐✨

25/08/2026

💃🕺 DISCO DANS - 29 AUGUSTUS 💃🕺

Genadendal! Moenie dit mis nie!

SATERDAG, 29 AUGUSTUS | Vanguard Hall

⚠️ BELANGRIKE REËLS:

🕗 TYD: 08:00 - 00:00

🧊 COOLERBOX: Nou GRATIS! - Bring jou eie, geen R20 meer nie.

🚭 GEEN ROOK / V**E binne-in die Vanguard Hall nie. Net buite asseblief!

🔒 STRICT SECURITY / STRENG SEKURITEIT!
Geen wapens, geen bakleiery, geen dronk onbeskofte gedrag sal geduld word nie. Sekuriteit by die deur sal streng wees. Ons wil 'n veilige, lekker aand vir almal hê!

Kom dans, kuier lekker!
Sien julle daar! 🎶

DIE DANS WAAROOR ALMAL SAL PRAAT! ✨TEMA: SPRINGBOK 🇿🇦 VS ALL BLACKS 🖤Watter span se gees gaan die dansvloer wen?Kies jou...
14/08/2026

DIE DANS WAAROOR ALMAL SAL PRAAT! ✨
TEMA: SPRINGBOK 🇿🇦 VS ALL BLACKS 🖤

Watter span se gees gaan die dansvloer wen?
Kies jou kant, trek jou kleure aan en kom wys jou trots!

Maak gereed vir 'n aand van musiek, dans en onvergeetlike herinneringe.💃🏽💃🏽

Ons bring die gees. Jy bring die energie.

DJ VIR DIE AAND: BNB ENTERTAINMENT
Die klank. Die vibe. Die party.

KAARTJIES NOU BESKIKBAAR!
Vir enige kaartjies kontak die skool: 021 023 4538/ 060 418 9919.

Moet dit nie misloop nie.

BRAAI TE KOOP!🪵🔥STEUN ONS LEERDERS. PROE DIE GEES VAN ONS SKOOL.Elke bord wat jy koop, is 'n direkte belegging in ons le...
13/08/2026

BRAAI TE KOOP!🪵🔥

STEUN ONS LEERDERS. PROE DIE GEES VAN ONS SKOOL.

Elke bord wat jy koop, is 'n direkte belegging in ons leerders se toekoms.

KWALITEIT. GEMEENSKAP. IMPAK.

Kom ervaar dit. Kom ondersteun dit.
LRS Liefde🤍💙

Julle het gewys dat deursettingsvermoë en oefening wondere doen.Elke letter, elke woord, elke rondte - julle het dit gen...
13/08/2026

Julle het gewys dat deursettingsvermoë en oefening wondere doen.

Elke letter, elke woord, elke rondte - julle het dit geneem!
Ons staan 100% agter julle vir die volgende rondte.

Drome word gespel, een letter op 'n slag 💙🤍


LRS Liefde 💙🤍

Ons hart is vol vandag ❤️ Om te sien hoe ons eie gemeenskap se kinders groei en uitblink is 'n voorreg. Willedene Claase...
12/08/2026

Ons hart is vol vandag ❤️

Om te sien hoe ons eie gemeenskap se kinders groei en uitblink is 'n voorreg.

Willedene Claasen was een van ons, en ons sien nou hoe sy by haar nuwe skool floreer en 'n sterk karakter ontwikkel.

Na reën kom sonskyn. En by jou skyn dit helder!
Ons is so trots op jou, Willedene! 🏅✨

KENNISGEWING 🗣️ Leerondersteuningspos beskikbaar! Doen gerus aansoek.
31/07/2026

KENNISGEWING 🗣️

Leerondersteuningspos beskikbaar!
Doen gerus aansoek.

30/07/2026

KENNISGEWING!🗣️

- Daar sal vernaand, Donderdag 30 Julie
ouervergadering wees om 19:00(7 uur).

Baie dankie vir die ondersteuning en liefde, sien uit om u vernaand te sien.

LRS Liefde 🤍💙.

Eerste dag van ‘n nuwe kwartaal.✅Met ‘n nuwe begin kom daar nuwe dinge ook by.Hierdie kwartaal het ons die geleentheid g...
21/07/2026

Eerste dag van ‘n nuwe kwartaal.✅

Met ‘n nuwe begin kom daar nuwe dinge ook by.
Hierdie kwartaal het ons die geleentheid gekry om ‘n paar nuwe gesigte te verwelkom by die personeel.

Hulle val sommer in met die skool se nuwe tema van die kwartaal : Ons strewe na liefde en positiwiteit soos die welbekende Mr. Peadon Smith sal sê.

Ons wens hierdie studente alle sterkte toe vir hul toekoms. Mag sukses julle agtervolg.

Vanaf links na regs: Eden Fisher; Sara-Lee Willemse;
Byron Majiedt; Lynn Zass; Dinah Diedericks en Andrea Hendricks.

LRS LIEFDE.🤍💙🤍

… en daar gaan sy 🍾🥂. Na 38 toegewyde jare in die onderwys, waarvan 24 jaar spesifiek in leerderondersteuning, tree Juff...
26/06/2026

… en daar gaan sy 🍾🥂. Na 38 toegewyde jare in die onderwys, waarvan 24 jaar spesifiek in leerderondersteuning, tree Juffrou vandag af met trots, dankbaarheid en ‘n tikkie verligting. Vir meer as drie dekades was sy die anker vir leerders wat sukkel, die tolk tussen “ek verstaan nie” en “ag, nou maak dit sin!”, en die stille krag agter baie suksessstories. Sy het geduld, strategieë, en soms net ‘n ekstra sjokolade in haar laai gehad om die dag te red. Tegnologie het verander, kurrikulums het verander, maar haar geloof in elke kind het nooit verander nie. En ja, na 38 jaar bel, toetse merk en IEP’s skryf, het sy dit nou regverdig verdien om die enigste “R” te merk wat oorbly: Rus. Baie dankie, Juffrou, vir 24 jaar diens wat werklik ‘n verskil gemaak het. Die skool se leerderondersteuningslokaal sal baie stiller wees sonder u ✨
LRS liefde. 💙🤍

Address

1 Vlei Straat
Genadendal
7234

Telephone

+27 28 251 8207

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when L.R.Schmidt Primary School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share