07/09/2026
Aunty Marilyn is elke Dinsdag by ons skool waar sy leerders se stukkende skoolklere sal herstel. Ons is baie dankbaar vir die hulp wat sy bied en ook vir die geleentheid wat sy aan ons leerders bied om eerstehands te sien hoe dit gedoen word.
Indien daar leerders is wat van hierdie geleentheid gebruik maak, moet hulle asb net seker maak dat die item skoon is wanneer hulle dit inhandig.