Wes-Eind Primêre Skool

Wes-Eind Primêre Skool Afrikaans Medium Primary School situated in Franschhoek

Busvervoer vir vanaand is beskikbaar. Optelpunte is as volg:Vanaf 18:00•Groendal Primêr•Plase (Bo-hoek en Waterwese)
27/03/2026

Busvervoer vir vanaand is beskikbaar. Optelpunte is as volg:
Vanaf 18:00
•Groendal Primêr
•Plase (Bo-hoek en Waterwese)

📢✨ MOENIE WAG NIE! ✨📢Aansoeke vir die 2027 skooljaar is oop! 🎒📘📅 10 Maart 2026⏰ Sluit: 14 April 2026Verseker jou kind se...
26/02/2026

📢✨ MOENIE WAG NIE! ✨📢

Aansoeke vir die 2027 skooljaar is oop! 🎒📘

📅 10 Maart 2026
⏰ Sluit: 14 April 2026

Verseker jou kind se plek by Wes-Eind Primêre Skool 💙🏫
Ons sien uit om nuwe Weseinders te verwelkom! 🌟

🌈🎉 WES-EIND COLOUR FUN DAY – 14 MAART 2026! 🎉🌈Beste Ouers en FamilieKom geniet ’n dag vol kleur, lag en pret by Wes-Eind...
26/02/2026

🌈🎉 WES-EIND COLOUR FUN DAY – 14 MAART 2026! 🎉🌈

Beste Ouers en Familie

Kom geniet ’n dag vol kleur, lag en pret by Wes-Eind Skool! 🥳✨ Bring die hele gesin saam vir ’n onvergeetlike Colour Fun Day vol opwinding en lekker kuier.

🍔🍟 Kosverkope:
Ons gaan slegs op voorafbestellings werk vir:
👉 Wings & Chips – R50
👉 Burger & Sap – R 50

⚠️ Maak asseblief seker dat bestellings betyds geplaas word om teleurstelling te voorkom. Geen ekstra verkope op die dag sal beskikbaar wees nie.

🎈 Wat om te verwag:
🎶 Vermaak en musiek
🎯 Lekker speletjies
👨‍👩‍👧‍👦 Familie-aktiwiteite vir almal
🌈 Hope kleurpret!

Ons sien uit daarna om saam met julle ’n fantastiese dag te vier! 💙💛

Baie dankie aan Wyk 1-raadslid, Mnr. R. Phieffer, vir die ruim donasie van werkboeke 📚 aan ons skool 🏫. Ons as Weseinder...
26/02/2026

Baie dankie aan Wyk 1-raadslid, Mnr. R. Phieffer, vir die ruim donasie van werkboeke 📚 aan ons skool 🏫. Ons as Weseinders waardeer dit opreg 🙏 en sê baie dankie vir u ondersteuning en betrokkenheid 🌟

26/02/2026
Wes-Eind Primêr is ongelooflik trots op ons 3 skaaksterre, Zehran Ryan, Geraldo Mentoor, Valentino Jurries wat op 14 Feb...
16/02/2026

Wes-Eind Primêr is ongelooflik trots op ons 3 skaaksterre, Zehran Ryan, Geraldo Mentoor, Valentino Jurries wat op 14 Februarie 2026 aan die Cape Winelands School Trials 1 by Ceres Sekondêre Skool deelgeneem het! ♟️🏆

Hulle het sertifikate vir hul puik deelname ontvang by die toernooi.

Hou aan, droom groot en speel slim – julle maak ons trots! 🌟👏

🏕️ Prefekte Kamp – Bridges Outdoor Education Programme (03–05 Februarie)Ons prefekte het die voorreg gehad om deel te we...
06/02/2026

🏕️ Prefekte Kamp – Bridges Outdoor Education Programme (03–05 Februarie)

Ons prefekte het die voorreg gehad om deel te wees van die Bridges Outdoor Education Programme, wat van 3–5 Februarie plaasgevind het. 🌿

Gedurende hierdie kamp het hulle waardevolle leierskapsvaardighede ontwikkel deur aktiwiteite wat fokus op:
🤝 spanwerk
🧠 probleemoplossing
⭐ verantwoordelikheid

Die ervaring het ons leerders ook die geleentheid gegee om hulself beter te leer ken as leiers en om mekaar te ondersteun en aan te moedig. Ons is trots op elke prefek se deelname en groei! 👏

🥋 KARATE HET AMPTELIK BEGIN BY WES-EIND PRIMÊRE SKOOL! 🥋Ons leerders het met groot opgewondenheid hul eerste karate-oefe...
22/01/2026

🥋 KARATE HET AMPTELIK BEGIN BY WES-EIND PRIMÊRE SKOOL! 🥋

Ons leerders het met groot opgewondenheid hul eerste karate-oefeninge begin. Karate help met dissipline, selfvertroue, fokus en fisiese fiksheid 💪🧠

📅 Oefeninge: Maandae & Donderdae
⏰ Tyd: 14:00 – 15:00
🤝 Geborg deur La Residence

Baie dankie aan Sensei James Stewart vir sy leiding en ondersteuning 👏
Ons sien uit na ’n opwindende karate-reis! 🌟🥋

14/01/2026
🕊️🤍💔Met onmeetbare hartseer en gebroke harte neem ons afskeid van Beryl Jacobs, ons geliefde sekretaris van Wes-Eind Pri...
29/12/2025

🕊️🤍💔
Met onmeetbare hartseer en gebroke harte neem ons afskeid van Beryl Jacobs, ons geliefde sekretaris van Wes-Eind Primêre Skool, wat op 24 Desember 2025 heengegaan het. Vir baie jare was sy die steunpilaar van ons skool — altyd vriendelik, altyd bereid om te help, altyd daar. Haar verlies laat ’n diep leemte in ons harte. Haar warmte, glimlag en omgee sal vir altyd in ons herinneringe voortleef.

’n Gedenkdiens sal plaasvind op 30 Desember 2025 by Wes-Eind Primêre Skool, soos aangedui. 🕯️

Ons harte breek saam met die familie, en ons dra hulle in ons gebede in hierdie ongelooflik moeilike tyd. 🙏🤍

Under 11 Girls rugby team...
20/10/2025

Under 11 Girls rugby team...

Address

Dirkie Uysstreet
Franschhoek
7690

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:30
Tuesday 08:00 - 14:30
17:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 14:00
14:30 - 14:30
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 13:30

Telephone

0218762360

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wes-Eind Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Wes-Eind Primêre Skool:

Shortcuts

Share

Category