Bambi Nasorgsentrum

Bambi Nasorgsentrum Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Bambi Nasorgsentrum, Education, Frankfort.

Permanently closed.
Bambi Nasorg wens elke vrou vandag 'n Geseënde en vrolike Vrouedag toe.💐
09/08/2021

Bambi Nasorg wens elke vrou vandag 'n Geseënde en vrolike Vrouedag toe.
💐

30/06/2021

Volgens die POPIA Wet wat more 1 Julie 2021 in werking tree, is admin verplig om 2 vrae aan elke persoon op die blad te vra:
1. Wil jy deel wees van die blad?
2. Onderneem jy om nie die persoonlike inligting van die lede sigbaar elders te gebruik nie?
Indien jy JA kan antwoord, bly asb op die blad. Jy hoef nie 'n antwoord te stuur nie
Indien jy NEE antwoord, verlaat asb die blad vir almal se veiligheid.
Ons glo elke een verstaan en sal ons in hierdie verband help.
Indien jy nie bewus is van hierdie wet nie, vergewis jouself in die verband.

According to the POPIA Act which will come into effect tomorrow 1 July 2021, as admin we are obliged to ask 2 questions to each person on this page:
1. Do you want to be part of the page?
2. Do you undertake not to use the personal information of the members visibly elsewhere?
If you can answer YES, please stay on the page. You do not have to send a reply
If you answer NO, please leave the page for everyone's safety.
We believe everyone understands and will help us in this regard.
If you are not aware of this law, please familiarize yourself with it.

Liefste Pappa en Oupa,Vandag vier ons julle dag, Vadersdag.Julle is die rots en anker van die huis, 'n geskenk wat geen ...
20/06/2021

Liefste Pappa en Oupa,
Vandag vier ons julle dag, Vadersdag.

Julle is die rots en anker van die huis, 'n geskenk wat geen goud kan koop nie.

Julle arms bring skuiling
Jul hande bring troos
Julle stemme leer ons van reg en verkeerd.
En in jul glimlagte en dade sien ons jul onvoorwaardelike liefde.

Dankie Pappa dat jy altyd daar is, jy is die beste!

Gelukkige Vadersdag!

06/06/2021
GP van Rheede van Oudthoorn... Ginger snap.... dans... eet... en saam kuier... ONS IS OPGEWONDE!!!
22/05/2021

GP van Rheede van Oudthoorn... Ginger snap.... dans... eet... en saam kuier... ONS IS OPGEWONDE!!!

Baie geluk Meneer Hennie,Mag die jaar wat voolê propvol Seën uit ons Hemelse Vader se Hand wees en mag goedheid en guns ...
16/05/2021

Baie geluk Meneer Hennie,
Mag die jaar wat voolê propvol Seën uit ons Hemelse Vader se Hand wees en mag goedheid en guns jou volg elke dag.
Geniet jou verjaardag saam met jou gesin en mag Meneer sommer baie bederf word vandag.
Lekker verjaar!
Bambi Nasorg

Bambi Nasorgsentrum neem graag deel aan die Riemland R100 Challenge.Riemland Kliniek speel 'n groot deel in ons gemeensk...
12/05/2021

Bambi Nasorgsentrum neem graag deel aan die Riemland R100 Challenge.
Riemland Kliniek speel 'n groot deel in ons gemeenskap. Dit is 'n voorreg om deel te wees van hierdie geleentheid.

Bambi Nasorgsentrum daag graag vir Pikanini Speelgroep uit om ook deel te neem.

"Liewe Mamma,Ons ken die krag van jou liefde,want ons weet hoe jou hart aan die binnekant klink.Omdat ons lank genoeg in...
09/05/2021

"Liewe Mamma,
Ons ken die krag van jou liefde,
want ons weet hoe jou hart aan die binnekant klink.
Omdat ons lank genoeg in jou arms, teen jou bors gelê het.
Baie dankie vir daardie liefde.
Ons is lief vir Mamma!
Mamma se kinders"

'n Ma is God se liefde in aksie
Sy kyk met haar hart en voel met haar oë.
'n Ma is die bank waar haar kinders al hul bekommernisse en seerkry kan inbetaal.
'n Ma is die sement wat 'n gesin bymekaar hou en haar liefde duur 'n leeftyd.

'n Ma is iemand wat deur God uitgekies is,
om 'n baie spesiale rol hier op aarde te kom vervul.
Hy berei haar voor met ervaring en soms ook seerkry,
sodat sy met liefde in haar hart vir haar kinders
die pad kan wys na God.

Mag elke mamma vandag 'n Geseënde Moedersdag vol bederfies beleef.

Gelukkige Moedersdag aan elke Nasorg Mamma en Ouma, julle is baie kosbaar vir ons!💞💐

‼️ONTHOU‼️ONTHOU‼️
01/04/2021

‼️ONTHOU‼️ONTHOU‼️

ONTHOU!!!!! Koop ...koop... koop... Die ervaring van ń leeftyd!!! Fliek soos in die ou dae! Nostalgie!
15/03/2021

ONTHOU!!!!! Koop ...koop... koop... Die ervaring van ń leeftyd!!! Fliek soos in die ou dae! Nostalgie!

Wat 'n voorreg om vandag vir ons Beheerliggaam Voorsitter en ook' n Mamma van ons skool, geluk te wens met haar verjaard...
12/03/2021

Wat 'n voorreg om vandag vir ons Beheerliggaam Voorsitter en ook' n Mamma van ons skool, geluk te wens met haar verjaardag.
Leandri van den Berg, baie geluk met jou verjaardag vandag, mag Jesus jou toevou in Sy Liefde en Seën en mag Sy Genade oorvloedig oor jou reën. Mag jy in Sy voetspore volg en elke dag meer en meer in Hom groei.
Dankie vir die leier wat jy vir ons is en dankie dat niks ooit vir jou te veel moeite is nie.
Geniet jou spesiale daggie.
Bambi liefde!

Bespreek nou jou kaartjie!
06/03/2021

Bespreek nou jou kaartjie!

Address

Frankfort

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bambi Nasorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Bambi Nasorgsentrum:

Shortcuts

Share

Category