Randburg Matrieks 1973

Randburg Matrieks 1973 This is a community page designed to reunite with classmates of 1973 Hoërskool Randburg

13/10/2023

Ons 28 Oktober-kuiertjie kom al hoe nader!

02/10/2023

Vir diegene wat mev. Annelie Maritz wat Wetenskap as vak aangebied het, onthou... sy het op Saterdag 30 September 2023 haar 90ste verjaardag gevier!

27/09/2023

Dit was heerlik om saam met Marieke Jordaan wat besoek aan haar 90-jarige moeder gebring het, by die Melkplaas in Irene, Pretoria te kon kuier. Antoinette Potgieter en Christa van Zyl, het die viermanskap opgemaak. Kan julle glo dat 50 jaar sedert ons saam in matriek was verloop het? Ons sal jou by die opkomende matriek-reünie mis, Marieke. Die samesyn op die 20ste September 2023 was egter spesiaal.

26/08/2023

Indien jy nog op die kantlyn sit en wonder of jy die 50-jarige reünie gaan bywoon of nie... Die einde van Augustus is hier en ALLE ja-sêers se gelde moet teen 31 Augustus inbetaal wees. Waarom? Omdat finale getalle benodig word, maar die belangrikste, dat daar betalings gedoen kan word om dienste te laat voortgaan. Bring groot asseblief jou kant. Het jy dalk die betaalinligting verlê? WhatsApp my op 082 458 3522 Groetnis. Hannie

26/08/2023

Dagsê, ons liewe 1973 oud-matrieks! Ek deel graag met julle dat mev. Nanda Norval wat Duits as vak aangebied het, onlangs haar 99ste verjaardag gevier het. Wat ’n mylpaal. En sy sien nog byna presies dieselfde daar uit, gryser hare te spyt.

31/07/2023

Ons 50-jaar-reünie is om die draai. Indien jy nog nie aangedui het dat jy en jou gade/metgesel graag ook die geleentheid op 28 Oktober 2023 om 13:00 by die Randpark Gholfklub sou wou bywoon nie, laat weet asseblief s.g.a.m.
Betalings moet asseblief teen einde Augustus inbetaal wees. Groete. Hannie

25/07/2023

Beste oud-1973-Matrieks

Ons reünie op Saterdag 28 Oktober 2023 kruip al hoe nader. Baie dankie aan diegene van julle wat aangedui het dat julle die geleentheid wil bywoon. En groot dankie aan diegene wat reeds hulle bywoningsgelde inbetaal het. Met waardering!

Indien julle meer inligting verlang, whatsapp gerus +27 82 458 3522

Groete.
Hannie

22/07/2023

Dit blyk ons oud-matrieks hiberneer gedurende Juliemaand veral.
🌧🌬❄️
Weet enige iemand van die wel en wee van ons oud-matriekonderwysers?
Wat van onder andere mnre. Coetzee ("Wollie") en Kruger? (Houtwerk)?

27/06/2023

Vir diegene wat aangedui het dat hulle ons 50ste reünie gaan bywoon... gelde is nou reeds betaalbaar. Die afsnypunt is einde Augustus. Nadere besonderhede word op die 1973-WhatsApp-groep deurgegee.

27/06/2023

Mev M Wiid (Afrikaans-onderwyseres) se heengaan op 15 Junie 2023 word betreur. Sy was 95 jaar oud. Ons dra namens die Matriekgroep van 1973 medelye oor aan Frans Wiid en sy familie.

16/05/2023

Ons soektog het tot dusver 79 uit 112 1973-klasmaats opgelewer. Daar is van 16 mans en 17 dames nog geen taal of tyding nie.

16/05/2023

50-jaar reünie: Bevestiging en ander inligting

Beste Oud-Matrieks van 1973
Vyftig jaar verder… Ons kuierfunksie is in plek!
Datum: Saterdagmiddag 28 Oktober 2023
Tyd: 12:30 vir 13:00
Plek: Die spoggerige Randpark Gholfklub, Setperkstraat, Randpark, Randburg, 2194, Gauteng wat sekuriteit en veilige parkering insluit.
Die koste wat aan die funksie verbonde is, beloop R420.00 per persoon.
Benewens die driegang-maaltyd, is daar ’n bottel wit-en rooiwyn elk asook een 500ml-bottel stil water per persoon op die tafel beskikbaar.
Daar word ’n kontantkroeg vir addisionele drinkgoed bedryf. Neem asseblief kennis dat die Klub geen kontanttransaksies aangaan nie. Ekstra drankies moet per kaart betaal word.
Met agtergrondmusiek om ’n gesellige atmosfeer te bewerkstellig kan diegene wat wil skoffel selfs ’n draai op die dansvloer maak.
Betaling mag in twee paaiemente gemaak word. Let asseblief op dat alle betalings teen die einde van Augustus afgehandel moet wees.
Bankbesonderhede is soos volg:
Hannie Hefer Promotions
Bank ###
Lopende rekening – ###
Verwysing: Jou naam en van
Indien daar enige navrae met betrekking tot betaling is, kontak my asseblief persoonlik per e-pos: [email protected] of op WhatsApp by +27 82 458 3522
Ek sal help waar ek kan.
Laat waai!
Hannie

Address

183 Malibongwe Drive
Fontainebleau
2194

Telephone

+27824583522

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Randburg Matrieks 1973 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category