23/08/2026
Deel 2:
🎾⛸️ ’N NAWEEK VOL SPORT, PRET EN NUWE UITDAGINGS! ⛸️🎾
Ons Tenniskliniek het Vrydag en Saterdag gewoel en gewerskaf, met ons leerders wat hul tennisvaardighede kon slyp, nuwe tegnieke aanleer en natuurlik sommer baie pret gehad het!
Maar die pret het nie daar gestop nie… Nadat die tennisrakette neergesit is, het ons leerders die ys aangedurf vir ’n heerlike yskaats-uitstappie by North Gate Ice Rink!
Van tennisballe wat gevlieg het tot skaatse wat oor die ys gegly het (en dalk ’n paar indrukwekkende én minder indrukwekkende valletjies), was dit ’n naweek vol energie, lag en lekker saamkuier.
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het, nuwe uitdagings aangepak het en met soveel entoesiasme deel was van die naweek.
Baie dankie ook aan MC Venter wat die tenniskliniek vir ons aangebied het, en aan Juffrou Venter en meneer Dallas Quirck van die BL wat saam met die leerders gaan yskaats het.