Hoërskool Florida

Hoërskool Florida Om deur aktiewe betrokkenheid van personeel, ouers, gemeenskap en leerders, ons leerders op te voed,

Hoërskool Florida is 'n afrikaanse hoërskool in Florida Park, Roodepoort, Gauteng.

LANDLOOP D12-KAMPIOENSKAPPE | TOP 6 Baie geluk aan Hoërskool Florida se ongelooflike landloopatlete wat tydens die D12-k...
02/09/2026

LANDLOOP

D12-KAMPIOENSKAPPE | TOP 6

Baie geluk aan Hoërskool Florida se ongelooflike landloopatlete wat tydens die D12-kampioenskappe uitstekend presteer het. 👏🔥

Ons is besonders trots op elkeen van julle wat ’n plek in die top-6 behaal en sodoende na die Gauteng-kampioenskappe deurgedring het. 🏅

🥇 1ste: Galaletsang Morule
🥇 1ste: Arwen Thomas
🥈 2de: Shanice Walker
🥉 3de: Lebo Motlhono
🥉 3de: Keion Venter
🏅 4de: Faried Sallie
🏅 4de: Chelsea Carr
🏅 4de: Amy van der Merwe

Baie geluk, ons is trots op julle! Nou is dit tyd om die Gauteng-kampioenskap aan te pak! 💪🏃‍♀️🏃‍♂️

02/09/2026
DANS Flomotion skitter by RACA EisteddfodWat ’n ongelooflike prestasie deur Hoërskool Florida se Flomotion-dansspanne. J...
30/08/2026

DANS

Flomotion skitter by RACA Eisteddfod

Wat ’n ongelooflike prestasie deur Hoërskool Florida se Flomotion-dansspanne. Jul harde werk, toewyding en passie vir dans het beslis vrugte afgewerp. Ons is trots op elke danser! 🏆

Uitslae:

🌟 EMERALD-KWALIFIKASIE | 80–89%
Baie geluk aan:
💃 Lindy Lombard
💃 Leandri Steyn
💃 Dané Harmse
💃 Kara van der Merwe
💃 Megan Meyer
🕺 Rea Molale

💎 RUBY-KWALIFIKASIE | 90–94%
Baie geluk aan:
💃 Hailey Wilshire
💃 Shanté Classen
💃 Chané Rossouw
💃 Le-Ché Retief
🕺 Bradley Bierman
💃 Sunet Müller

Foto 1: Voor: Rea Molale; agter van links na regs: Lindy Lombard, Kara van der Merwe, Dané Harmse, Megan Meyer en Leandri Steyn.

Foto 2: Voor: Bradley Bierman; agter van links: Shanté Classen, Le-Ché Retief, Sunet Müller, Hailey Wishire en Chané Rossouw.

Dankie dat julle met soveel passie, dissipline en energie ons skool se naam hoog hou. Hou aan dans, droom en om uit te blink! 🌟

SPANREDENAARS✨️Hoërskool Florida het vanjaar agt redenaarspanne gehad wat aan die Interskole Redenaarskompetisie en die ...
29/08/2026

SPANREDENAARS✨️

Hoërskool Florida het vanjaar agt redenaarspanne gehad wat aan die Interskole Redenaarskompetisie en die Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem het.

Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en ons spog met mooi uitslae.

Ons het ook een span wat deurgedring het na die Interskole Redenaars se landwye finaal op 19 September 2026.

Baie geluk aan al ons spanne.✨️

Foto 1 (v.l.n.r.): Janke Kruger, Mieke Mulder, Le-Ché Retief en Ehlayna Tolmay.

Foto 2 (v.l.n.r.): Sunet Müller, Mizelle van der Nest, Amy van der Merwe en Danika Phyfer.

NETBAL🏐 Fast Five by Hoërskool Bekker 🏐Hoërskool Florida het vandeesweek die voorreg gehad om aan ’n opwindende Fast Fiv...
29/08/2026

NETBAL

🏐 Fast Five by Hoërskool Bekker 🏐

Hoërskool Florida het vandeesweek die voorreg gehad om aan ’n opwindende Fast Five-toernooi by Hoërskool Bekker deel te neem, waar ons teen verskeie skole meegeding het. Dit was ’n fantastiese dag vol sportmangees, harde werk, spanwerk en baie lekker netbal!

Baie dankie aan Hoërskool Bekker vir julle uitstekende organisasie en hartlike gasvryheid.

Dankie ook aan al ons spelers, afrigters en ondersteuners. Ons is trots op ons span se toewyding en sportmanskap.

* Foto 1: Voor van links is Clarice Jardine en Cuené du Preez; agter: juf. Dionné Alberts, mev. Sonja Kruger, Zoë Malander, Desiré Foster, Chanté Sweetman, Carmen Koekemoer, Caitlin Ebersohn, juf. Engela Botes, Bongiwe Sibeko en Cadi van Niekerk.
* Foto 2: Voor is Krizandie Bezuidenhout, Lihle More en Mieke Venter; agter: Demi Erasmus, Christine Venter, juf. Charlene Hanekom, Paton Olivier, Kayla van Wyngaardt en Natasha Botes.
* Foto 3: Tianna Holtzhausen, Janicke Grobler, Leah van Wyngaardt, Danté Erasmus, Danika Oberholzer, Elaine Wessels, Michelle Jooste, Danica Phyfer, Amy van der Merwe.
* Foto 4: Noenka Labuschagne, Viwe Nhlapho, Zoe Jansen Van Nieuwenhuizen, Kayla Khumo, Usithandile Sibeko, Danica Richards en Jarme van de Werken.

🏐💚❤️💛👏

EERSTE WEDSTRYD – EERSTE STAPPE!Ons Hoërskool Florida-meisies se krieketspan het hul **eerste wedstryd** gespeel! Ons is...
29/08/2026

EERSTE WEDSTRYD – EERSTE STAPPE!

Ons Hoërskool Florida-meisies se krieketspan het hul **eerste wedstryd** gespeel!

Ons is ongelooflik trots op elke speler wat met **toewyding, spanwerk en passie** op die veld uitgegaan het. Hierdie is die begin van ’n opwindende reis, en ons kan nie wag om te sien hoe hierdie span groei en ontwikkel nie!

’n **Groot dankie aan SportsApp** vir die borg van ons span se pragtige krieketuniforms. Julle ondersteuning beteken baie vir ons spelers en help om ons meisies die geleentheid te gee om met trots op die veld te verskyn.

Ons waardeer julle ondersteuning en is trots om **SportsApp as deel van die Hoërskool Florida-krieketfamilie** te hê!

LANDLOOPHoërskool Florida se landloopatlete het verlede week aan die Roodepoort Kampioenskappe deelgeneem.Die top-15 in ...
28/08/2026

LANDLOOP

Hoërskool Florida se landloopatlete het verlede week aan die Roodepoort Kampioenskappe deelgeneem.

Die top-15 in elke ouderdomsgroep is deur na die D12-kampioenskap.

Chelsea Carr (6de)
Mieka Hughes (8ste)
Galaletsang Morule (1ste)
Jolene Rudman (5de)
Farried Sallie (7de)
Keanu Strydom (7de)
Arwen Thomas (1ste)
Amy van der Merwe (1ste)
Keion Venter (1ste)
Shanice Walker (1ste)

Op die groepfoto is voor van links: Shanice Walker, Arwen Thomas, juf. Wilrie Wiersma, May Cara, Galaletsang Morule, Chelsea Carr, Desiré Foster en Mieka Hughes; agter: Keanu Strydom, Arie Smith, Keion Venter, Lebo Mothlono, Shawn Calitz, Alex Venter, Farried Sallie, Daan Prinsloo, Amy van der Merwe, Jolene Rudman en Jaden Millar.

Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het.

Address

Louis Botha Drive
Florida
1710

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Florida posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Florida:

Shortcuts

Share

Category