Hoërskool Florida

Directions Website Contact the school

Hoërskool Florida Om deur aktiewe betrokkenheid van personeel, ouers, gemeenskap en leerders, ons leerders op te voed,

Hoërskool Florida is 'n afrikaanse hoërskool in Florida Park, Roodepoort, Gauteng.

17/10/2026
MATRIEKS 2026Die laaste saalopening vir die matrieks van 2026 was ’n besonderse en emosionele mylpaal wat vir altyd in h...
15/10/2026

MATRIEKS 2026

Die laaste saalopening vir die matrieks van 2026 was ’n besonderse en emosionele mylpaal wat vir altyd in hul harte sal bly voortleef.

Dit was ’n oomblik van diep trots toe die matrieks vir die heel laaste keer saam as ’n groep gestaan en die skoollied uit volle bors gesing het. Die saal het weerklink van hul stemme – ’n kragtige betoon van hul verbondenheid en die pad wat hulle saam stap.

Die atmosfeer was gelaai met herinneringe toe die spesiale, oulike video’s gewys is wat van hulle gemaak is. Hierdie terugblik op hul skooljare het sowel vreugde as nostalgie gebring, met talle glimlagte en deernisvolle gelag wat deur die saal beweeg het.

Ewe roerend was die afskeid van die personeel en onderwysers wat hulle oor die jare ondersteun en gevorm het. Dit was ’n hartroerende geleentheid vol spesiale geselsies, herinneringe en volop trane sowel as dankbaarheid. Dit was nie net die einde van ’n skooldag nie, maar ’n pragtige, waardige afsluiting van ’n onvergeetlike skoolhoofstuk.

Ons bedank dan ook vir Happy Lights
([email protected]/0798827560) vir hul bydrae van die pragtige MX 2026-letters. Dit het bygedra tot die ongelooflike atmosfeer.

STERKTE, MATRIEKS VAN 2026! Die groot oomblik het aangebreek! Julle het hard gewerk, gegroei en soveel uitdagings oorkom...
14/10/2026

STERKTE, MATRIEKS VAN 2026!

Die groot oomblik het aangebreek! Julle het hard gewerk, gegroei en soveel uitdagings oorkom om hier uit te kom.

Nou is dit tyd om in julleself te glo, kalm te bly en elke vraestel met selfvertroue aan te pak. Onthou: julle is tot baie meer in staat as wat julle soms dink!

Mag julle harde werk beloon word en mag julle elke dag met moed, deursettingsvermoë en hoop aanpak.

Ons by Hoërskool Florida is ongelooflik trots op julle en staan julle deur hierdie laaste deel van julle skoolloopbaan by.

Gaan haal dit, Florrie!

Ons Dien Getrou.

OLD BOYS-RUGBY! Hier kom hy! Hoërskool Florida Old Boys pak die naweek vir Hoërskool Jan Viljoen aan op die rugbyveld! K...
12/10/2026

OLD BOYS-RUGBY!

Hier kom hy!
Hoërskool Florida Old Boys pak die naweek vir Hoërskool Jan Viljoen aan op die rugbyveld!

Kom ondersteun ons manne en wys jou Florrie-trots!

FLORIDA! ONS PLEK, ONS TROTS!

ALUMNIBianca Allen, ’n oud-Florrie, het haar BSc-graad in Biochemie en Mikrobiologie met akademiese meriete in 2021 volt...
12/10/2026

ALUMNI

Bianca Allen, ’n oud-Florrie, het haar BSc-graad in Biochemie en Mikrobiologie met akademiese meriete in 2021 voltooi en in 2022 haar BSc-honneursgraad in Biochemie met lof aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal.

Sy het in 2023 met MSc-studies begin wat op haar honneursnavorsing voortgebou het; hierdie studies is in 2024 na ’n PhD opgegradeer ter erkenning van die omvang en wetenskaplike bydrae van haar werk. Sy is tans ’n postdoktorale genoot in die navorsingsgroep vir Biomediese en Molekulêre Metabolisme aan die Noordwes-Universiteit.

Bianca sê haar geloof, familie en hegte verhoudings bly ’n bron van krag en motivering.

Hoërskool Florida is baie trots op jou, Bianca. Hou aan met die wonderlike werk.



Oud-Florries kan hul prestasies aan mnr. Johan Brits stuur by [email protected]
Ons hoor graag van julle. Een maal ’n Florrie, altyd ’n Florrie.

SKYFSKIETDie SANSSU-skyfskietkampioenskap het die afgelope skoolvakansie in Bloemfontein plaasgevind en Hoërskool Florid...
07/10/2026

SKYFSKIET

Die SANSSU-skyfskietkampioenskap het die afgelope skoolvakansie in Bloemfontein plaasgevind en Hoërskool Florida se skuts het baie goed gevaar.

Gino Fogolin was in die top-8 vir pistoolskiet en het vierde geëindig.

By die prysuitdeling het ons leerders die volgende gekry.
* Gino Fogolin o/16
Brons: pistool (rapid fire)
Twee silwer vir pistool
Silwer: span
Goud: Algehele provinsie (Hoërskool Florida se hele pistoolspan)

*Runel Müller o/16
Silwer: span
Goud: Algehele provinsie (Hoërskool Florida se hele pistoolspan)

Simoné van der Merwe o/16
Goud: Algehele provinsie (Hoërskool Florida se hele pistoolspan)

Gino Fogolin het ook sy brons SANSSU-kleure behaal.

Karla Penderis (geweerskut) het weer brons SANSSU-kleure behaal en silwer SANSSU-kleure by die British Junior International (BJI)-kompetisie in Engeland.

Baie geluk aan elke skut wat deelgeneem het.

Foto 1: Van links is Runel Müller, Gino Fogolin, ’n skut van ’n ander skool, Simoné van der Merwe en San-Marie van der Merwe (’n buiteskut van Hoërskool Florida).

Foto 2: Karla Penderis word geluk gewens.

MUSIEK’n Besonderse prestasie vir GenevieveHoërskool Florida is ongelooflik trots op Genevieve van Niekerk, gr. 12, wat ...
02/10/2026

MUSIEK

’n Besonderse prestasie vir Genevieve

Hoërskool Florida is ongelooflik trots op Genevieve van Niekerk, gr. 12, wat op Maandag, 28 September, haar eerste repetisie saam met die Johannesburg Simfonieorkes gehad het.

Genevieve het onlangs ’n nasionale oudisie suksesvol afgelê en is gekies om deel te neem aan die orkes se Concerto-fees, wat op 1 November by die Linder-ouditorium in Johannesburg plaasvind.

Om op graad 12-vlak ná ’n nasionale oudisie saam met ’n simfonieorkes te kan repeteer, is ’n besondere prestasie en ’n wonderlike hoogtepunt in Genevieve se musikale ontwikkeling.

Ons is baie trots op jou, Genevieve! Mag hierdie ervaring die begin wees van nog baie groot musikale geleenthede en drome wat waar word.

Address

Louis Botha Drive
Florida
1710

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Florida posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Florida:

Shortcuts

Share

Category