Pa's in Aksie - Fairland

Pa's in Aksie - Fairland

Share

Pa’s in Aksie is ‘n onafhanklike dinamiese organisasie vir alle pa's en manne van ons gemeenskap van Fairland, Johannesburg. Wie is Pa's in Aksie?

Pa's in Aksie is 'n onafhanklike en dinamiese nie-winsgewend organisasie wat alle Pa's in Fairland verteenwoordig. Hierdie klub dien as 'n platform om Pa's bymekaar te bring, wat 'n gevoel van gemeenskap en betrokkenheid binne Fairland kweek. In die essensie van Pa's in Aksie is 'n toegewyde poging om die gemeenskap van binne af van in Fairland te verbeter deur samewerkende verhoudings onder Pa's

24/06/2026

👊 Pa’s Konnect | Die Vrydag 26 Junie 2026

Manne Kom ons sluit die 2de kwartaal af op die regte wyse!

Ons sien uit daarna om Neels Clasen hierdie week by Pa’s Konnect te verwelkom.

Neels is vir baie bekend as akteur, regisseur en storieverteller. Oor die afgelope 26 jaar het hy sy merk gemaak op die verhoog, televisie en film, maar hierdie Vrydag sluit hy by ons aan om sy perspektief te deel oor die tema.

🎙️ Spreker: Neels Clasen
📖 Tema: “Nou. Hier. In Die Oomblik.

Kom geniet ’n koppie koffie, goeie geselskap en ’n betekenisvolle gesprek saam met ander manne.

📍 Klipkerk, Mosaïek
☕ Koffie vanaf 05:15
⏰ Ons begin stiptelik om 05:30
🏁 Klaar teen 06:15

Bring gerus ’n vriend, kollega, buurman of mede-pa saam.

Pa’s Konnect:
Wanneer manne opdaag en mekaar ondersteun, is daar hoop en verandering in lewens en gesinne.. 💪🏻🙏🏻

Enige navrae Kontak gerus Ajee 079 515 3174



17/06/2026

Junie 2026 Pa's Konnect - Dagboek

Dagboek Vrydagoggend 26ste Junie vir Pa's Konnect.
Kom ons sluit die 2de kwartaal af op die regte wyse.

Vir meer inligting of navrae skakel Ajee 079 515 3174


15/06/2026

Mosaiek Formatio bied aan:

Ons Twee Saam 💛

’n Praktiese en hoopvolle oggend vir paartjies van alle ouderdomme wat doelbewus in hul huwelik wil belê.

Die oggend fokus op konneksie, kommunikasie, ouerskap as ’n span, asook intimiteit en seksualiteit in die huwelik — eerlik, veilig en prakties.

Saterdag 20 Junie 2026
Tyd: 08:00–12:30
Plek: Mosaïek, Fairland, Johannesburg
Koste: R350 per paartjie, insluitend koffie, tee en versnapperings.
Kinderaktiwiteite: Beskikbaar vir kinders tussen 5 en 13 jaar.

Sprekers sluit in Kola en Ronelle de Klerk, Hennie Vorster en Dr. Elna Rudolph.

Vir paartjies wat sterk staan, onder druk is, of bloot weer nader aan mekaar wil groei.

https://mosaiek.churchcenter.com/registrations/events/3657342

10/06/2026
02/06/2026

Pa's Konnect: JUNIE 2026

Dagboek die Datum

Vrydag 26 Junie 2026


02/06/2026

Pa's In Aksie Gholfdag 2026 UitVerkoop
Ja dis reg, 'n besige en stampvol dag wat wag!
Nie plek vir 'n muis nie!

Ons sien uit na 'n lekker dag van speel, lag en samesyn!

Dankie vir julle ondersteuning!
Elke bydrae, borg, 4-bal en putjie borg maak 'n Verskil.



29/05/2026

Top Pa’s Konnect Mei 2026 oggend!
Dankie Louis Nigrini

21/05/2026

Ons gedagtes en gebede is met haar ouers, familie, vriende, mede-leerders, personeel van Hoërskool Linden en elke persoon wie se lewe deur haar geraak is. 🩶

Want your school to be the top-listed School/college in Johannesburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


Johannesburg
2170

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00