07/09/2026
ONS EIE MNR. NICO IS ’N FINALIS!
Radio Tygerberg 104FM en Spectra Stationers se My Skool Hero-veldtog het hul 8 finaliste gekies, en ons is baie trots dat Mnr. Nico Aldrich een van hulle is!
Nou het ons ons Ever-familie se stemme nodig!
Stem vir Mnr. Nico en help hom om ’n aandeel van R80 000 se pryse van Spectra Stationers te wen.
En daar is nóg goeie nuus:
Deur te stem, staan jy ’n kans om ’n R5 000-geskenkbewys te wen.
Die wenner se skool kan ook ’n drukker plus ’n jaar se dienskontrak ter waarde van R40 000 van Tytec wen!
Kom ons staan bankvas agter ons eie Mnr. Nico en wys wat die Ever-familie kan doen!
STEM HIER VIR MNR. NICO:
www.104fm.co.za/my-skool-hero-2/
Radio Tygerberg 104FM
Spectra Stationers