14/05/2026
EK BETAAL NIE N SENT VIR DRAMA NIE
Een van my vriende het gevra: “Hoekom mors jy soveel geld en tyd op dramaklasse en optredes?
Die antwoord? Jy sal nie verstaan as jou kind nie eers deur n drama seisoen is nie. Want ek betaal nie regtig vir kostuums, grimering of sertifikate nie.
Ek betaal vir daardie oomblik wanneer my kind se knieë bewe van senuwees, maar sy steeds oo die verhoog stap met ’n glimlag.
Ek betaal vir vriende wat lewenslank bly, die soort wat agter die skerms saam lag en saam huil.
Ek betaal vir afrigters en regisseurs wat my kind leer dat drama meer oor die lewe is as wat dit ooit oor ’n toneelstuk kan wees.
Ek betaal vir selfvertroue , om te leer om voor mense te staan en te glo jy behoort daar te wees.
Ek betaal vir empatie , om in ander mense se skoene te stap en die wêreld met nuwe oë te sien.
Ek betaal vir my kind om te leer dat die ander kind op die verhoog nie sy teenstander is nie, maar sy medespeler. Jy skitter nie ten koste van mekaar nie, jy skitter saam.
Ek betaal vir my kind om te leer dat geen verhoog tot sy volle potensiaal kom sonder die tegniese span agter die skerms nie : die ligte, die klank, die grimering. Net soos in die lewe: niemand kom ver alleen nie.
Ek betaal vir elke brons- of silwermedalje, en vir elke keer wat die finale nie gekom het nie, want dít is waar my kind leer om op te staan, af te stof en met nog meer ywer terug te kom.
Ek betaal vir my kind om mense te inspireer en lewens te verander deur stories te vertel, want ’n verhoog kan ’n hart oopmaak soos niks anders kan nie.
Ek betaal vir my kind om te leer dat sukses nie oornag kom nie, dit kom na ure en ure van harde werk, repetisies en toewyding.
Ek betaal vir my kind om te leer dat die span se oorwinning groter is as enige individuele roem.
Ek betaal sodat my kind op die verhoog staan eerder as voor ’n skerm.
Ek betaal vir my kind om te ontdek dat haar stem, liggaam en verbeelding die kragtigste instrumente is wat sy ooit sal besit.
Daarom voel ek ek betaal nie n sent vir drama nie.
Ek betaal vir die mens wat my kind besig is om te word.