29/09/2026
Tina Cowley Leessentrum se Hoofkantoor in Witbank bied op Donderdag, 8 Oktober, slegs gedurende die oggend GRATIS leesevaluasies aan.
Voordat ’n kind met leesterapie by ’n Tina Cowley Leessentrum begin, is ’n evaluasie nodig. Dit help ons om jou kind se huidige leesvaardighede vas te stel en te bepaal waar ons met die leesterapie moet begin om die regte ondersteuning te gee.
Vir daardie Donderdagoggend bied Hoofkantoor Witbank dié evaluasies heeltemal GRATIS aan.
⚠️ Slegs ’n beperkte aantal afsprake is beskikbaar.
Om jou kind se GRATIS evaluasie te bespreek, stuur asseblief vir ons ’n WhatsApp-boodskap na
061 532 5392
Ons sien uit daarna om julle te ontmoet!