Hoërskool Ooskus Gimnasium

Hoërskool Ooskus Gimnasium Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Ooskus Gimnasium, School, Mc Jannet Drive, East London.

🎾 Sebastian le Roux verteenwoordig Oos-Kaap Aloes in Cradock! 🎾Sebastian le Roux het die afgelope naweek die voorreg geh...
05/10/2026

🎾 Sebastian le Roux verteenwoordig Oos-Kaap Aloes in Cradock! 🎾

Sebastian le Roux het die afgelope naweek die voorreg gehad om aan die Synergy Toernooi in Cradock (as deel van die Oos-Kaap Aloes-span) deel te neem.

Die toernooi het die beste tennisspelers van vier spanne bymekaargebring: Noord-Kaap, Eden (SWD), Oos-Kaap Aloes en Oos-Kaap Elephants.

Elke span het uit ses spelers bestaan, met Sebastian wat as nommer 4 vir die Oos-Kaap Aloes-span gespeel het.
Sebastian het hom uitstekend van sy taak gekwyt en in al drie afdelings ’n 2-uit-3-oorwinning behaal!

🎾 Enkels: 2 uit 3 gewen
🎾 Dubbels: 2 uit 3 gewen
🎾 Gemengde dubbels: 2 uit 3 gewen

Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is ongelooflik trots op Sebastian en sy harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap.

Baie geluk, Sebastian!

🌟 STERKTE, LIENKE! 🌟Ons wens graag vir Lienke Pretorius alle sterkte toe met haar deelname aan Christian Dance Academy s...
05/10/2026

🌟 STERKTE, LIENKE! 🌟

Ons wens graag vir Lienke Pretorius alle sterkte toe met haar deelname aan Christian Dance Academy se produksie “Esther”. 💃✨

Lienke is deel van hierdie besondere vertoning wat vanaf 7 tot 10 Oktober by die Guild Theatre aangebied word.

Ons is ongelooflik trots op jou, Lienke! Mag jy die verhoog geniet, jou lig laat skyn en elke oomblik daarvan koester. 🌸

Ons Ooskus-familie staan agter jou! 💙

🎓 40 DAE! 🎓En net so het die aftel begin… oor 40 dae (eindeksamen ingesluit) is ons matrikulante klaar met skool! 🥹💙Die ...
23/09/2026

🎓 40 DAE! 🎓

En net so het die aftel begin… oor 40 dae (eindeksamen ingesluit) is ons matrikulante klaar met skool! 🥹💙

Die matrieks se laaste skooldae het aangebreek, en vandag het ons behoorlik pret gehad! Van lag en kuier tot ’n heerlike afsluiting met ’n braai op die dek. 🔥🥩

Hierdie is die dae wat later die mooiste herinneringe sal word. Geniet elke oomblik, Matrieks — die laaste hoofstuk van julle skoolloopbaan is hier! 💙

40 dae… en dan is dit tyd om julle vlerke te sprei! ✨

𝗧𝗢𝗣 𝟭𝟬Kwartaal 323 September 2026Welgedaan aan hierdie 𝗨𝗜𝗧𝗕𝗟𝗜𝗡𝗞𝗘𝗥𝗦 ✨️
23/09/2026

𝗧𝗢𝗣 𝟭𝟬
Kwartaal 3
23 September 2026

Welgedaan aan hierdie 𝗨𝗜𝗧𝗕𝗟𝗜𝗡𝗞𝗘𝗥𝗦 ✨️

22/09/2026

Onderwysers vs. leerders... 😅



🎬 Zoey Cornelius

🏐 NETBAL PRETDAG 🏐21 September 2026So sluit ons die kwartaal af met hope pret! 🌟Ons eerste netbalspan se jaarlikse afslu...
22/09/2026

🏐 NETBAL PRETDAG 🏐
21 September 2026

So sluit ons die kwartaal af met hope pret! 🌟

Ons eerste netbalspan se jaarlikse afsluiting was weer ’n dag vol lag en vermaak. Elke spanlid het 'n span saamgestel wat bestaan het uit ’n onderwyser, rugbyspelers, hokkiespelers en netbalspelers uit elke ouderdomsgroep.

Kyk, hierdie karakters het heerlike aksie op die baan gehad! 😄

💙 Welgedaan aan al die spanne – julle het hierdie Pretdag ’n reusesukses gemaak! 👏

🌸💙 PRESTEERDERSDINEE 2026 💙🌸’n Aand om ons Gimmie-uitblinkers te vier! ✨Ons Graad 10 tot 12-leerders wat deur die jaar u...
21/09/2026

🌸💙 PRESTEERDERSDINEE 2026 💙🌸

’n Aand om ons Gimmie-uitblinkers te vier! ✨

Ons Graad 10 tot 12-leerders wat deur die jaar uitgeblink het, is tydens die Presteerdersdinee 2026 vereer en het ’n onvergeetlike aand beleef.

Met die tema Mamma Mia is die saal omskep in ’n pragtige Griekse eilanddroom met blou, pienk blomme en ’n feestelike atmosfeer. 🇬🇷🌸

’n Groot dankie aan ons 2027-leerlingraad wat so oulik met die dekor en voorbereidings gehelp het.💙

Aan al ons Graad 10-, 11- en 12-uitblinkers – ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë maak die Ooskus-familie trots. 🩵✨

Ooskus Gimmies – Verenig en floreer!

𝗔𝗧𝗟𝗘𝗧𝗜𝗘𝗞15 atlete het die afgelope naweek aan Queens College se Atletiekbyeenkoms deelgeneem en 17 podium posisies behaa...
18/09/2026

𝗔𝗧𝗟𝗘𝗧𝗜𝗘𝗞

15 atlete het die afgelope naweek aan Queens College se Atletiekbyeenkoms deelgeneem en 17 podium posisies behaal!

Emma Kriel o.14: 90m Hekkies🥇, Diskus 🥇, 150m🥈, Verspring🥈
Miané Nienaber o.14: Gewigstoot🥉
Simoné de Jager o.14: 60m 🥇, 150m🥇, Hoogspring🥇, Verspring🥇
Tammy Claassen o.14: Spiesgooi🥇, Gewigstoot🥇
Lianie Barnard o.15: Spiesgooi🥈
Joshua du Plessis o.17: Spiesgooi🥈
Joshua Victor o.19: Spiesgooi🥈
Leon Müller o.19: Diskus🥉
Adin Ernst o.17: Spiesgooi🥉
Johnathen van Jaarsveldt o.15: Spiesgooi 🥈

Hartlik geluk aan ons atlete. Ons sien uit om julle op die atletiekbaan dop te hou.

17/09/2026

Die Gimmies is baie bly die toetsreeks is verby! ✨

SKAAKOoskus Gimnasium wen op 9 September 2026 teen East London Secondary School 7 - 5.Baie geluk aan Joubert Criswell, B...
09/09/2026

SKAAK
Ooskus Gimnasium wen op 9 September 2026 teen East London Secondary School 7 - 5.

Baie geluk aan Joubert Criswell, Byron Vogel, Isaiah Piet, Henko Smith, Ruben Wilson, Nicholas Joubert en Ricardo Wolmarans.

Hou aan met die goeie werk! ✨♟️

Address

Mc Jannet Drive
East London
5241

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27437210412

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Ooskus Gimnasium posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Ooskus Gimnasium:

Shortcuts

Featured

Share