PJ Badenhorst Primêr

PJ Badenhorst Primêr PJ Badenhorst Primêr is geleë in die hartjie van Dysselsdorp. By PJ Badenhorst Primêr het ons 'n passie vir die onderwys/onderrig.

17/08/2024

Liewe ouers/voogde,lede van die gemeenskap en vriende van PJB
Op ń onlangse werksessie het die Skoolbeheerliggaam besluit om ń proses te begin vir ń moontlike naamsverandering vir ons skool. Dit is egter nie ń besluit wat ons kan neem sonder die deelname van ander rolspelers nie. Ons is ook bewus dat dit moontlik ń sensitiewe saak kan wees daarom moet ons dit met groot respek en omsigtigheid hanteer. Hierdie plasing is die begin en dien slegs ter inligting van ons voorneme. Ons sal graag u mening wil hoor om te bepaal of ons moet voortgaan met hierdie proses. Ons nooi u dus uit om deel te neem aan die gesprek. Ons versoek ook almal om die proses en mening van ander te respekteer. Ons sal binnekort met die amptelike proses begin indien daar genoeg steun vir die voorstel is. Ons hou u op hoogte van die verwikkelinge.
PJB groete
EA Pietersen
Prinsipaal

15/01/2024

Liewe ouers/voogde
Die nuwe akademiese jaar het vandag vir opvoeders begin en ons is slaggereed om ons leerders op Woensdag 17 Januarie 2024 te ontvang. Ons wil ons ouergemeenskap en vriende van PJB ń baie voorspoedige 2024 toewens. Ons vier ook hierdie jaar die 40ste bestaansjaar van ons skool en daarom glo ons dat hierdie ń groot jaar vir ons skool gaan wees. Ons sal u op hoogte hou van die aktiwiteite wat ons beplan.

Ons herinner alle ouers/voogde van graad 4 leerders aan die oriënteringsessie môre by die skool. Die program begin om 9uur en ons behoort teen 10:30 klaar te wees. Maak seker dat u kind dit bywoon asseblief. Dit is slegs vir graad 4 leerders. Hulle kan gewone klere aantrek.
Skool begin Woensdag om 10 oor 7 vir leerders.
PJB groete
EA Pietersen


25/07/2023

Liewe ouers/voogde en vriende van PJB. Hierdie is ons nuwe FB blad wat voortaan die amptelike blad van die skool sal wees PJ Badenhorst Primêr Dysselsdorp Like en Share asb ons nuwe blad.

PJB groete

Neem kennis van die volgende asseblief. Slegs toepaslik gekwalifiseerde persone kan aansoek doen. Jammer vir die formaar...
24/05/2023

Neem kennis van die volgende asseblief. Slegs toepaslik gekwalifiseerde persone kan aansoek doen. Jammer vir die formaar van die advertensie.

Layla Steyn, Hopelin Gelant en Lauri-Earl Williams gaan môre en Sondag aan die Wes-Kaap Provinsiale Skaaktoernooi in Geo...
05/05/2023

Layla Steyn, Hopelin Gelant en Lauri-Earl Williams gaan môre en Sondag aan die Wes-Kaap Provinsiale Skaaktoernooi in George deelneem. Ons wens hulle voorspoed toe en weet dat hulle ons baie trots gaan maak.

Neem kennis van die volgende advertensie
21/04/2023

Neem kennis van die volgende advertensie

Neem asseblief kennis en versprei die boodskap
08/04/2023

Neem asseblief kennis en versprei die boodskap

29/03/2023
10/03/2023

Baie baie dankie aan die ouers van ons Grondslagfase leerders. Ons het vandag gedurende eerste pouse R7000 vir die skool ingesamel met ons Grondslagfase verkope. Dit klink miskien nie na baie geld nie, maar vir ons is dit sommer baaaie en dit binne 30 minute. Baie dankie aan al ons ouers vir die bydraes. Dankie ook aan ons opvoeders vir u bydrae en ondersteuning.

PJB groete

Ons is baie trots op Shasha-Lee Botha wie opgeneem is in die Eden Atletiekspan. Hulle gaan op 10 en 11 Maart 2023 deelne...
28/02/2023

Ons is baie trots op Shasha-Lee Botha wie opgeneem is in die Eden Atletiekspan. Hulle gaan op 10 en 11 Maart 2023 deelneem aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl. Baie geluk,ons is verskriklik trots op jou. Baie geluk en dankie ook aan ons afrigters wat baie insit om ons leerders gereed te kry vir wedstryde en toernooie.

Skool voldoen aan POPI wetgewing.

20/02/2023

Ons wil ons ouers/voogde en lede van die gemeenskap bedank vir die ondersteuning met ons Burger verkope. Die funksie was ń reuse sukses. Ons het amper 700 burgers verkoop en dit sou nie moontlik wees sonder u ondersteuning nie. Baie dankie ook aan die opvoeders, assistente en ouers vir die harde werk om van die funksie ń sukses te maak.
PJB groete

Address

Dysselsweg
Dysselsdorp
6628

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when PJ Badenhorst Primêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to PJ Badenhorst Primêr:

Shortcuts

Share

Category