Dysselsdorp Sekondêr

Dysselsdorp Sekondêr Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Dysselsdorp Sekondêr, School, Deelmanstraat 1, Dysselsdorp.

Geagte Ouers en VoogdeNeem kennis van die SNOEKBRAAI wat volgende week Saterdag, 19 September 2026 sal plaasvind. Die ko...
11/09/2026

Geagte Ouers en Voogde

Neem kennis van die SNOEKBRAAI wat volgende week Saterdag, 19 September 2026 sal plaasvind.

Die komende week is laaste week om u kaartjie te koop by u kind(ers) se klasopvoeder. Ons as skool vra asseblief u as ouers en voogde se ondersteuning en samewerking. Dit sal hoogs waardeer word. Baie dankie🌼

💛🖤❤️

🌟 DANKIE VIR JULLE ONDERSTEUNING! 🌟Ons Graad 11-leerders van Dysselsdorp Sekondêr het vandag hul lootjietrekking gehou. ...
04/09/2026

🌟 DANKIE VIR JULLE ONDERSTEUNING! 🌟

Ons Graad 11-leerders van Dysselsdorp Sekondêr het vandag hul lootjietrekking gehou. 🎟️🎉

Ons wil graag van harte elke ouer, voog, gemeenskapslid, opvoeder en elke persoon wat op enige manier betrokke was, bedank vir julle ongelooflike ondersteuning. ❤️

Sonder julle ondersteuning en bydraes sou hierdie projek nie moontlik gewees het nie. Julle ondersteuning beteken vir ons Graad 11-leerders baie, en ons waardeer elke bedrag wat op die lootjie geplaas is, elke bydrae wat gemaak is en elke woord van aanmoediging wat gegee is.

🙏 ’n Spesiale dankie aan ons borge:

✨ Mnr. & Mev. Damons (bekend as Plaasman)
✨ Mnr. Naraydu – Oudtshoorn Balju-kantoor

Baie dankie dat julle bereid was om ons Graad 11-leerders te ondersteun en ’n bydrae tot hul fondsinsamelingspoging te lewer.

Van ons Graad 11-leerders en personeel: BAIE, BAIE DANKIE! ❤️💛🖤

Julle ondersteuning word opreg waardeer en sal nooit vergeet word nie. 🌷

Dysselsdorp Sekondêr – Saam maak ons ’n verskil!

💛🖤❤️

04/09/2026

Lente Lootjie Graad 11 Leerders van 2026

03/09/2026

DYSSELSDORP SEKONDÊRE SKOOL
KENNISGEWING AAN OUERS/VOOGDE

Datum: 03 September 2026

BELANGRIKE KENNISGEWING: UITSTEL VAN FUNKSIE

Geagte Ouers en Voogde

Die skool wil u hiermee meedeel dat ons funksie, wat oorspronklik vir Saterdag 05 September 2026 beplan was, ongelukkig weens swak ondersteuning en kaartjieverkope uitgestel moet word na Saterdag 19 September 2026.

Ons neem hierdie besluit met groot teleurstelling, maar glo dat die uitstel ons die geleentheid sal bied om meer ouers, leerders en gemeenskapslede die kans te gee om deel te neem en ons skool te ondersteun.

Die funksie word aangebied ten bate van ons leerders en die ondersteuning wat ons van ouers ontvang, maak ’n groot verskil aan die skool en aan die geleenthede wat ons aan ons leerders kan bied.

Ons doen daarom ’n opregte beroep op elke ouer/voog om asseblief ons funksie te ondersteun deur ten minste een kaartjie teen slegs R80 te koop. Ons vra nie dat ouers meer moet koop as wat hulle kan bekostig nie – elke enkele kaartjie en elke bydrae maak ’n verskil.

Ons gee ouers hiermee nog geleentheid om hul bestellings te plaas. Bestellings en betalings moet asseblief teen 17 September afgehandel wees.

Ons vra u uit die diepte van ons harte om hierdie kwartaal se fondsinsamelingsfunksie te ondersteun. Die fondse wat ingesamel word, is direk tot voordeel van ons leerders en sal aangewend word om die skool en die leeromgewing vir ons leerders te verbeter.

Ons waardeer elke ouer se ondersteuning, samewerking en bereidwilligheid om saam met ons te werk aan ’n beter toekoms vir ons leerders.

Kom ons staan saam as ’n skoolgemeenskap en maak hierdie funksie ’n sukses!

Baie dankie vir u ondersteuning en begrip.

Vriendelike groete🌼

Die Skoolbestuur
💛🖤❤️

02/09/2026

DJ COOL😎


🌼
💛🖤❤️

DAISIES LSEN sokkerspanne⚽💥Prudentia Est Sapientia 🌼💛🖤❤️
02/09/2026

DAISIES LSEN sokkerspanne⚽💥

Prudentia Est Sapientia 🌼
💛🖤❤️

Dysselsdorp Sekondêr is trots op twee jong en belowende krieketspelers, Sasha Lee Botha en Clarine Maswate, wat van 4 to...
02/09/2026

Dysselsdorp Sekondêr is trots op twee jong en belowende krieketspelers, Sasha Lee Botha en Clarine Maswate, wat van 4 tot 6 September 2026 in Knysna aan ’n krieketkompetisie gaan deelneem.

Die twee leerders is verbonde aan Dysselsdorp Sekondêr en is ook lede van die Dysselsdorp Women’s Cricket Club. Hul deelname is ’n besondere prestasie en bied aan hulle die geleentheid om hul kriekettalent verder te ontwikkel en waardevolle ervaring op te doen.

Die skool en gemeenskap wens Sasha Lee en Clarine alle sukses toe met die kompetisie en hoop dat hulle Dysselsdorp met trots sal verteenwoordig💪🏏

Dysselsdorp Cricket Club
🌼
💛🖤❤️

Baie baie dankie vir alles mnr Stoffel Prins en juffrou N Ferguson. DSS waardeer julle twee baie🌼💛🖤❤️
02/09/2026

Baie baie dankie vir alles mnr Stoffel Prins en juffrou N Ferguson. DSS waardeer julle twee baie🌼

💛🖤❤️

Address

Deelmanstraat 1
Dysselsdorp

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 13:00

Telephone

+27442516323

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dysselsdorp Sekondêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category