Waar kinders rêrig kind kan wees,
met moddervoete
tussen koringare en wingerdblare…
Ons bied:
• Graad R (sesjariges)
• Pre Graad R (vyfjariges)
• Vierjariges
• Nasorg
• Buitemuurse Aktiwiteite
Toelatingsvereistes vir Graad R:
Die kleuter moet voor of op 31 Desember ses jaar oud wees. Graad R klasse volg die KABV, die Nasionale Kurrikulum Verklaring. Skoolfooie:
Nuwe kleuters betaal ‘n reserveringsfooi. Dit word aangewend word vir hul skool t-hemp, sonhoed en skryfbehoeftes. Januarie tot November. Nasorg:
Opsies: 2dae/3dae/4dae/5 dae/ 5 dae met vakansies tot 17:30
Vakansie nasorg program. Skooltye:
Graad R klasse vanaf 08:00 – 12:30. Pre Graad R klas vanaf 08:30 – 12:15. Vierjariges vanaf 09:00 – 12
Geskiedenis:
Die konsep van ‘n plaasskool het meer as 30 jaar gelede reeds die lig gesien.
‘n Behoefte het in die gemeenskap ontstaan om meer as net akademiese kennis aan die kleuters oor te dra, maar ook ‘n ryk lewenservaring. Sedertdien floreer kleuters in die buitelug en bly hierdie beslis steeds ‘n wenresep. Klein Phisantekraal Pre-primêr is ‘n ouerbeheerde Christenskool, wat as onafhanklike skool by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement geregistreer is. Ons kleuters is betrokke by parstyd, saaityd, oestyd asook skaapskeer en beesboerdery. Ons skool is ‘n nie-winsgewinde organisasie en is ons afhanklik van fondsinsamelingsprojekte waarby die ouers en leerders betrokke is. Uitstappies:
Uitstappies is nuttige geleenthede vir verryking en word gereeld aangebied. Kleredrag:
Leerders word aangemoedig om deur aktiewe deelname te leer en moet verkieslik wasbare speelklere skool toe aantrek. Kosblikke:
Leerders bring hul eie gesonde kosblik vir etenstyd. Lekkergoed word slegs Vrydae toegelaat. Beheerliggaam:
Die beheerliggaam word deur die ouers verkies. Die beheerliggaam bepaal die beleid van die skool en stel die skoolhoof en onderwyseresse aan. Dagprogram:
Die departementele program word gevolg, wat skeppende, kognitiewe, musiek, beweging en perseptuele aktiwiteite insluit. Leerder word ook van ‘n groot verskeidenheid opvoedkundige speelgoed voorsien.