LPGH was a day-care and pre-school facility. Now closed. Welkom by die Little Peoples Guest House (LPGH) Facebook blad!
Ons is ten volle geregistreer met al die plaaslike en sentrale regering liggame, soos vereis. Ons bied 'n kurrikulum aan wat elke kind sal help om sy/haar potensiaal op alle gebiede van die lewe te bereik - fisies, intellektueel, sosiaal, emosioneel en geestelik. Elke kind is uniek en word daarom as sodanig behandel. Hulle word gelei tot onafhanklikheid in 'n liefdevolle en koesterende omgewing. H
oewel ons respek en verdraagsaamheid het teenoor alle godsdienste, is Little Peoples Guest House 'n Christelike skool en ons streef daarna om hierdie waardes aan die kinders oor te dra deur lering en deur daaglikse instellings en voorbeelde. Ons is geleë in Stellenberg in Durbanville. Ons het ongeveer 35 kinders in die dagsorg. Ons het 3 groot leerareas, 'n goed toegeruste buite speelarea en 'n feetjie tuin vir fantasiespel. Ons is in drie groep opgedeel naamlik:
Die teddies - Twee-jariges, wat drie word gedurende die jaar. Die Tiere - Drie-jariges, wat vier word gedurende die jaar. Die Leeus - Vier-jariges, wat vyf word gedurende die jaar. Kinders roteer, in hul groepe, van die een gebied na die ander, volgens die aktiwiteit wat aangebied word. Ons is trots daarop om te sê dat ons personeel almal ten volle tweetalig die skool funksioneer in beide Afrikaans en Engels, soos vereis.