Eversdal KleuterAkademie

Eversdal KleuterAkademie KleuterAkademie is ‘n Christelike Afrikaanse Kleuterskool vir 2 tot 5 jariges geleë in Eversdal, Durbanville. Ons is deel van die KleuterAkademie familie.

KleuterAkademie is ‘n Christelike Afrikaanse Kleuterskool vir 2 tot 5 jariges. Ons kombineer verskeie opvoedingsbeginsels om u kind toe te rus met die basiese lewensvaardighede en hom/haar skoolgereed te kry. Ons streef daarna om ‘n veilige, positiewe en gelukkige atmosfeer te skep waar elke kind tot sy volle potensiaal kan ontwikkel en sodoende ‘n sterk selfbeeld kan bou. Die omgewing is goed gestruktureerd en stimulerend sodat u kind kan ontdek, leer en speel. U kind word onderrig deur gekwalifiseerde onderwyseresse. Ons het ‘n maksimum van 12 leerlinge per onderwyseres om te verseker dan u kind kwaliteit en individuele aandag kry.

KleuterAkademie Golfdag 2026⛳️🏌️‍♀️📆 29 OKTOBER is dit tyd om die clubs uit te haal!Kom speel, kom kuier, kom kompeteer-...
01/10/2026

KleuterAkademie Golfdag 2026⛳️🏌️‍♀️

📆 29 OKTOBER is dit tyd om die clubs uit te haal!

Kom speel, kom kuier, kom kompeteer- maar die belangrikste… kom geniet dit!

Almal is welkom!
Kry jou span bymekaar en kom geniet ń onvergeetlike Golfdag. Kontak ons vir meer inligting.

Liewe juffrou Else-Mari,Baie geluk met jou verjaarsdag! 🥳🤍 Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met God se lie...
01/10/2026

Liewe juffrou Else-Mari,

Baie geluk met jou verjaarsdag! 🥳🤍 Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met God se liefde, genade en onverdiende guns. Mag jou geloof en vertroue in Hom elke dag net sterker word en mag jy altyd weet dat Hy voor jou uitgaan, jou pad ken en jou vashou, selfs wanneer jy nie altyd kan sien wat voorlê nie. ✨

Baie dankie vir die liefde, geduld en omgee waarmee jy elke dag na ons nasorgmaatjies omsien. Jy maak ’n groot verskil en ons waardeer jou opreg!

Mag daar in hierdie nuwe jaar vir jou baie redes wees om te glimlag, baie mooi herinneringe om te maak en baie kosbare oomblike! 🌸

Ons is baie lief vir jou en vier jou! 🤍

Al ons liefde,
EKA

Liewe maatjie,Baie geluk met jou 4de verjaarsdag🎊Ons is baie trots op jou en geniet elke dag saam met jou.  Jy maak die ...
30/09/2026

Liewe maatjie,

Baie geluk met jou 4de verjaarsdag🎊
Ons is baie trots op jou en geniet elke dag saam met jou. Jy maak die klas sommer ekstra lekker met jou mooi glimlag en grappies🌟

Hou aan om so lekker te speel, leer, lag en altyd net jouself te wees.🌼

Baie liefde,
Goggas🐞❤️

Baie geluk met jou 5de verjaarsdag, liewe Kabouter! Dankie vir al jou liefde en drukkies wat jy so vrylik uitdeel! Ons h...
28/09/2026

Baie geluk met jou 5de verjaarsdag, liewe Kabouter! Dankie vir al jou liefde en drukkies wat jy so vrylik uitdeel! Ons hoop jou 5de jaar om die son hou soveel vreugde en geluk vir jou in en dat Liewe Jesus jou sal aanhou seën. Mag jy elke dag onthou hoe spesiaal jy is en hoe lief ons almal jou het. Ons Kabouters is baie dankbaar vir jou! 🩵

🥳🎈 HOERA! DIS JOU VERJAARSDAG! 🎂💙Baie geluk met jou spesiale dag, liewe maatjie! 🥰 Ek hoop jou dag is gevul met lag, spe...
27/09/2026

🥳🎈 HOERA! DIS JOU VERJAARSDAG! 🎂💙

Baie geluk met jou spesiale dag, liewe maatjie! 🥰 Ek hoop jou dag is gevul met lag, speel, baie pret en koek! 🍰🎁

⭐️ Mag jy altyd so vrolik, liefdevol en spesiaal bly. Ek hoop al jou verjaarsdag wense word waar! ✨🎈

Baie liefde,
Goggas🐞❤️

Liewe Anel,Baie geluk met jou verjaarsdag! 🥳🤍 Mag jou dag gevul wees met liefde, vreugde en seën in oorvloed. Mag Jesus ...
26/09/2026

Liewe Anel,

Baie geluk met jou verjaarsdag! 🥳🤍 Mag jou dag gevul wees met liefde, vreugde en seën in oorvloed. Mag Jesus Sy hand van genade oor jou hou in die nuwe lewensjaar en mag dit gevul wees met Sy goedheid, guns en baie mooi herinneringe. ✨

Baie dankie vir alles wat jy vir KleuterAkademie doen en beteken. Ons waardeer jou ongelooflik baie en sien raak hoeveel jy, voor én agter die skerms doen! En mag jy nooit nie impak daarvan vergeet nie.

Ons hoop jy word vandag behoorlik bederf, want jy verdien dit! 💐

Al ons liefde,
EKA 🤎

🇿🇦 Gelukkige Erfenisdag van almal by EKA! 🇿🇦Vandag vier ons ons mooi Suid-Afrikaanse erfenis, verskillende kulture, tale...
24/09/2026

🇿🇦 Gelukkige Erfenisdag van almal by EKA! 🇿🇦

Vandag vier ons ons mooi Suid-Afrikaanse erfenis, verskillende kulture, tale en tradisies. 🤍

Geniet die dag saam met julle gesinne! 🌿🇿🇦

Liefde,
Die EKA-span

Ons Kabouters teken Suid-Afrikaanse sportsterre! 🇿🇦🏅✏
21/09/2026

Ons Kabouters teken Suid-Afrikaanse sportsterre! 🇿🇦🏅✏

Gelukkige 4de Verjaarsdag, liewe maatjie!🐞Jy is ’n pragtige seuntjie. Jy vul elke dag met lag, energie en vreugde!Mag di...
20/09/2026

Gelukkige 4de Verjaarsdag, liewe maatjie!🐞

Jy is ’n pragtige seuntjie. Jy vul elke dag met lag, energie en vreugde!

Mag die Here jou seën met ’n hart vol liefde, ’n gees vol nuuskierigheid en voetjies wat altyd met vreugde in Sy lig wandel. Mag Hy jou beskerm altyd.

Lekker Verjaar.💙🥳

Address

Kendalweg 37
Durbanville
7550

Opening Hours

Monday 07:00 - 18:00
Tuesday 07:00 - 18:00
Wednesday 07:00 - 18:00
Thursday 07:00 - 18:00
Friday 07:00 - 18:00

Telephone

+27219768741

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Eversdal KleuterAkademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Eversdal KleuterAkademie:

Shortcuts

Share

Category