Durbieland Nursery School / Kleuterskool

Durbieland Nursery School / Kleuterskool Durbieland is a nursery school based on strong Christian values, where we develop strong and self-co

Wat ons bied:

Onderrig gebaseer op sterk Christelike waardes
Voldagsorg (6h30 - 18h00)
Oop tydens skoolvakansies (kort Desember / Januarie sluitings periode)
Dubbel-medium taalbeleid
Voltydse kok, gesonde spyskaart (alle maaltye word ingesluit)
Top sekuriteit

May this holiday be a gentle reminder to slow down, make memories, play a little longer, laugh a little louder and simpl...
28/09/2026

May this holiday be a gentle reminder to slow down, make memories, play a little longer, laugh a little louder and simply enjoy being together. 🌸

To all our little ones and their families, may your holiday be filled with love, laughter, rest and the simple magic of childhood. ✨

Because sometimes, enough is more than enough. 🤍

16/09/2026

🎨🌍 Kom maak saam met ons Afrika-kuns! 🌍🎨

Ons bou elke dag ’n klein stukkie aan ons kunswerk en teen die einde van die week het ons ’n besondere meesterstuk om op trots te wees! 🥰🎨

Terwyl ons kreatief ontdek, verf, plak en skep, ontwikkel ons sommer ook belangrike vaardighede soos fynmotoriese vaardighede, kreatiwiteit, hand-oog-koördinasie, konsentrasie, probleemoplossing en die vermoë om ons eie idees uit te druk.

Vir ons is kuns soveel meer as net ’n mooi prentjie dit is ’n kans om te ontdek, eksperimenteer, leer en trots te wees op wat ons self kan skep! ❤️

🌍 Kan julle raai wat Tannie Christine vandag vir ons kindertjies gemaak het? 👩‍🍳Heerlike Herderspastei met ’n lekker Dur...
15/09/2026

🌍 Kan julle raai wat Tannie Christine vandag vir ons kindertjies gemaak het? 👩‍🍳

Heerlike Herderspastei met ’n lekker Durbieland-twist! 😋

In plaas van aartappels, gebruik sy soet patat, bedien met ertjies en beet. 🫛❤️

Ons “My land en ander lande”-tema neem ons vandag op ’n klein kulinêre reis na Skotland en die Noorde van Engeland! 🏴🌍✈️

Dankie, Tannie Christine, vir nog ’n heerlike avontuur vir ons klein kosliefhebbers! 👩‍🍳🥰

Leer, ontdek & proe die wêreld – een happie op ’n slag! 💛

💚🇿🇦 We LOVE Bok Fridays! 🇿🇦💚Ons klein Bok-babatjies is vol Springbok-gees! 🏉✨Klaar om ons Bokke met groot harte aan te m...
04/09/2026

💚🇿🇦 We LOVE Bok Fridays! 🇿🇦💚

Ons klein Bok-babatjies is vol Springbok-gees! 🏉✨
Klaar om ons Bokke met groot harte aan te moedig! 💚💛

GO BOKKE!!! 🇿🇦🇿🇦🏉

Spring has officially sprung at Durbieland! 💛✨Our little ones celebrated the arrival of spring with sunshine, smiles, be...
01/09/2026

Spring has officially sprung at Durbieland! 💛✨

Our little ones celebrated the arrival of spring with sunshine, smiles, beautiful colours and lots of fun! 🌈🌸 There’s something so special about the promise of a new season.

Here’s to warmer days, blooming flowers, muddy little feet and countless beautiful moments together! 🌿🦋

Happy Spring Day from all of us at Durbieland! 🌸💛

🎭✨ ’n Spesiale uitstappie vir ons Graad R’s! ✨🎭Ons Graad R-klassie het die wonderlike geleentheid gehad om “Vlooi” by Ar...
31/08/2026

🎭✨ ’n Spesiale uitstappie vir ons Graad R’s! ✨🎭

Ons Graad R-klassie het die wonderlike geleentheid gehad om “Vlooi” by Artscape te gaan kyk! 🪰💛

Die opgewondenheid was groot — van die oomblik wat ons vertrek het, tot die laaste applous! 👏🏼🥰

Wat ’n spesiale ervaring om saam met ons maatjies die magie van teater te beleef. 🌟🎶

Die storie: Vlooi vind ‘n yslike dinosaurusbeen in hul tuin en voor jy kan sê “stegosaurus” swiep die towersleutel hulle weg na ‘n verlate eiland. Hier ontmoet Vlooi en Wilma die, effe deur die vere, pterodaktiel, Terry, wat vlug met die eiland se laaste Dino eier! Hulle is toe nie alleen op die verlate eiland nie. Hoe gemaak as jy nie ‘n Dino eier mag laat kraak? Wie of wat word uitgestal in die nare Professoor Fosselina Voetspoor se museum? Gaan Vlooi en Wilma ‘n Dino Happy Meal word?

Hierdie avontuur het ons van lekkerte laat ril!🎉🦖🦕

Happy Wednesday 🌸
26/08/2026

Happy Wednesday 🌸

Groot Harte, Klein Handjies & Kosbare Herinneringe 🩷Wat ’n ongelooflike spesiale week het ons by Durbieland beleef! 🌟Elk...
24/08/2026

Groot Harte, Klein Handjies & Kosbare Herinneringe 🩷

Wat ’n ongelooflike spesiale week het ons by Durbieland beleef! 🌟

Elke dag het ons die voorreg gehad om oupas en oumas van elke ouderdomsgroep by ons te verwelkom – en ons harte is sommer vol dankbaarheid.👵👴

Dit was só besonders om te sien hoe liefdevol en teer julle jul kleinkinders koester, hoe trots julle op hulle is en hoeveel vreugde dit vir julle bring om tyd saam met hulle deur te bring. Die liefde tussen ’n oupa of ouma en hul kleinkind is werklik iets besonders om te aanskou. 🥹💕

Ons voel ongelooflik dankbaar en geseënd dat ons deel mag wees van hierdie spesiale oomblikke en dat ons kinders die voorreg het om sulke wonderlike oupas en oumas in hul lewens te hê.

Die dankbaarheid, glimlagte en mooi woorde van ons oupas en oumas het ons diep geraak. Dit was ’n week vol liefde, lag, kosbare herinneringe en baie spesiale oomblikke. 🌸

Dankie dat julle deel is van ons Durbieland-familie. Ons kan nie wag om julle almal weer in 2027 by ons te verwelkom nie! 🥰

Tot dan… hou aan om daardie klein hartjies so mooi te koester. ❤️

Address

Cnr Church And Weyers Streets
Durbanville
7550

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Durbieland Nursery School / Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category