05/03/2020
Hi Almal
Die reëlingskomitee het gesejs oor moontlike datums en plekke vir die Reünie en wil graag die volgende voorstel:
Datum: Naweek van 24 tot 26 Julie 2020 (dit is om Retha ook te akkommodeer wat die 31ste Julie in SA moet wees).
Plek: The Homestead Guest House in Geluksburg. Geluksburg is tussen Harrismith & Bergville in KwaZulu Natal naby die Oliviershoekpas. Dit is 330 km vanaf Johannesburg en 250 km vanaf Durban.
Kostes: R600 per aand per persoon – dinner, bed & breakfast – ‘n goeie prys vir wat ons kry en werk baie goedkoper uit as Dragons Peak.
Ons beoog om die Vrydag- en Saterdagaand ‘n braai te hou, maar as die algemene gevoel is dat ons Vrydagaand eerder ‘n formele aandete moet hê, kan ons dit ook doen.
Laat asseblief weet wat julle d**k en verskaf die volgende inligting:
1. Sal bywoon – Ja / Nee?
2. Hoeveel sal bywoon?
Groete
Johannes May