27/06/2025
Ons is bevoorreg om Wielie die Wyse Uiltjie in die Handel bekend te stel, maar sy vlug is vertraag met 'n paar dae.
Eksemplare sal binnekort beskikbaar wees by CVO Derby en Derby Slaghuis.
Bestellings kan by uitgewers direk bestel word of by die Skrywer self.
Getekende kopies deur die skrywer kan verkry word.
Kontakbesonderhede:
Outeur: June Botha Skrywers
Sel nr: 0826209666
Webblad: www.junebotha.com
"Wielie gooi ’n laaste draai oor O.R. Tambo Lughawe, haastig om terug te keer na CVO Derby Skool. Vandag is vir almal ’n groot dag. Op sy rug dra hy ’n swaargelaaide rugsak, propvol met Wielie die Wyse Uiltjie se lees- en storieboeke.
Wielie trek die gesp van sy vlieghelmet stywer vas en laat sak die helmetbril oor sy oë. Dan trek hy sy pootjies styf teen sy uillyf vas – sodat hy vinniger kan vlieg. Die lughawepersoneel wuif opgewonde en vriendelik wanneer Wielie, soos ’n gevaarlike F15 Eagle Boeing, laag oor hulle koppe vlieg. Wielie klap sy vlerke een keer hard en styg dan op na hoër hoogtes, waar hy amper bokant die wolke sy reis na Derby voortsit.
Die uiltjiekleuters wag gretig op sy aankoms.
Wielie se skerp oë vang ’n verdwaalde arendskuiken wat tussen die wolke en aarde spartel – dit lyk of sy vlerke nie wil oopgaan nie. Wielie vrees dat die kuiken die grond gaan tref, en skuif saggies onder hom in. “Land op die boekrugsak!” roep hy hard uit. Die kuiken, vreesbevange, gehoorsaam dadelik. Wielie verlaag sy spoed. Hy weet dit gaan sy reis vertraag, maar soos almal weet – Wielie is ’n wyse uiltjie.
“Waar is jou nes?” vra hy besorg. Die arendskuiken strek sy vlerk uit in die rigting waar hy d**k sy ouers se nes is. Wielie maak ’n wye, veilige draai in daardie rigting en land op die rand van die arendsnes. Wielie merk dat Ma Arend se oë rooi gehuil is oor haar verlore kuiken.
Dan haal Wielie sy rugsak versigtig van sy rug af en plaas dit sagkens teen die boomnes. Ma Arend trek raap haar kuiken van die rugsak af op en druk die kuiken beskermend onder haar vlerke in. Sy druk soentjies oral op sy donsige gesiggie.
Dis wanneer Wielie besluit dat dit die ideale geleentheid is om vir Kleuterarend, buksie, ’n Wielie die Wyse Uiltjie-boek te skenk en vir hom daaruit voor te lees.
Dit vertraag Wielie se reis met ’n paar dae. Uiteindelik pak Wielie weer sy rugsak op sy rug en hervat sy reis verder – hy is bykans ’n week laat.
By CVO Derby Skool wag die uiltjiekleuters opgewonde. Wielie sak sy pote, sprei sy kloue uit vir ’n veilige landing en bring sy groot spanvlerke nader aan sy lyf. Hy is tuis! Al is dit ’n week later. Die dorpenaars verwelkom hom met groot geesdrif en verwyder die swaar rugsak van sy rug. Binne-in kry hulle, net soos bestel – Wielie se eie “Wielie die Wyse Uiltjie leer- en storieboek.
Uitgewers: Naledi Uitgewers
Boekhandel: Exclusive Books, Protea Books, Bargain Books.
Wielie die Wyse Uiltjie het ook ‘n resessie blok ontvang van die Media-Tydskrifte