Suikerbekkie Kleuterskool Delmas

Suikerbekkie Kleuterskool Delmas 'n Afrikaanse kleuterskool met ‘n passie vir speel - speel leer! Ons glo in klein klassies en groot pret. Geregistreer by die Departement van Onderwys.

12/08/2026

Ondersteun asb. ons golfdag.
Vir enige navrae kontak asb. vir Mariné op 0832844933.

⛳ 6 NOVEMBER 2026⛳

12/08/2026

Ons maats en Juf. Rianka wys vir ons hoe mens warm bly in hierdie koue! Julle is super oulik.🌧️⛄️😅🤣

Ruimte💫🌎☄️🚀Ons klein ruimtevaarders het hulle name gebruik om hulle eie ruimtetuie te bou! Deur die letters van hulle na...
10/08/2026

Ruimte💫🌎☄️🚀

Ons klein ruimtevaarders het hulle name gebruik om hulle eie ruimtetuie te bou!

Deur die letters van hulle name te rangskik, oefen hulle sommer letterherkenning, naamherkenning en vroeë leesvaardighede op 'n prettige manier.

Dis ongelooflik om te sien hoe trots hulle is wanneer hulle hul eie "space ship" voltooi! 😄

RUIMTE🪐 🌕⭐️🌎💫☄️Verlede week het ons maatjies klein “planete” opgetel met ons ‘pincher grip’ deur tangetjies te gebruik!H...
10/08/2026

RUIMTE🪐 🌕⭐️🌎💫☄️

Verlede week het ons maatjies klein “planete” opgetel met ons ‘pincher grip’ deur tangetjies te gebruik!

Hierdie versterk die spiere in ons handjies sodat ons een van die dae wanneer ons in die ‘groot skool’ is kan skryf.

Speel is belangrik wanneer ons maatjies leer. Daarom kies ons om speel - speel te leer!😁

RUIMTE🪐 🌕⭐️🌎💫☄️Verlede week het ons maatjies klein “planete” opgetel met ons ‘pincher grip’ (duim en wysvinger).Hierdie ...
10/08/2026

RUIMTE🪐 🌕⭐️🌎💫☄️

Verlede week het ons maatjies klein “planete” opgetel met ons ‘pincher grip’ (duim en wysvinger).

Hierdie eenvoudige aktiwiteit help om fyn motoriese vaardighede te ontwikkel, versterk die klein spiertjies in die handjies en berei hulle voor vir belangrike vaardighede soos skryf, inkleur en knope vasmaak.
Ons maatjies het dit baie geniet en sommer lekker geoefen terwyl hulle gespeel het! 💛

By Suikerbekkie Kleuterskool is ons ongelooflik bevoorreg om so ’n besondere span juffrouens en assistente te hê!Agter e...
10/08/2026

By Suikerbekkie Kleuterskool is ons ongelooflik bevoorreg om so ’n besondere span juffrouens en assistente te hê!

Agter elke glimlaggie, elke nuwe vaardigheid, elke drukkie en elke klein oorwinning is daar ’n juffrou wat elke dag haar hart gee.🤍

Ons wou graag hierdie week ’n bietjie ekstra erkenning gee aan die wonderlike vrouens wat elke dag ’n verskil in ons maatjies se lewens maak.

Dankie vir julle geduld.
Dankie vir julle liefde.
Dankie vir al die harde werk.
Dankie vir die ekstra moeite.

Julle doen soveel meer as om net ons maatjies te leer — julle help om klein mensies se harte, selfvertroue en toekoms te vorm.

Julle is kosbaar.

Slim handjies! Ons maatjies is net die oulikste.🧁🫶🏻🖐🏻
30/07/2026

Slim handjies! Ons maatjies is net die oulikste.🧁🫶🏻🖐🏻

Donderdae = Bak & Brou🧁🧁
30/07/2026

Donderdae = Bak & Brou🧁🧁

Ons RR - maatjies maak hulle eie selfone wat by ons tema van die week, tegnologie, aansluit.Julle is super oulik!⭐️📱
30/07/2026

Ons RR - maatjies maak hulle eie selfone wat by ons tema van die week, tegnologie, aansluit.
Julle is super oulik!⭐️📱

🍊Ons 2 jaar klassie het verlede week met lemoene geverf! Die maatjies het dit baie geniet om die lemoene in verf te doop...
30/07/2026

🍊Ons 2 jaar klassie het verlede week met lemoene geverf! Die maatjies het dit baie geniet om die lemoene in verf te doop en pragtige afdrukke op papier te maak. Dit was nie net pret nie, maar het ook hul kreatiwiteit, fyn motoriese vaardighede en sintuiglike ontwikkeling gestimuleer.

Ons maatjies het hope pret gehad en is baie trots op elke klein kunswerk! 🎨🧡

Address

No. 19, 5de Straat
Delmas
2210

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suikerbekkie Kleuterskool Delmas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Suikerbekkie Kleuterskool Delmas:

Shortcuts

Share

Category