De Rust Sekondêre Skool

De Rust Sekondêre Skool Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from De Rust Sekondêre Skool, High School, 2de Avenue, De Rust.

Ons sien uit om julle in julle klas se kleure te sien😇
10/09/2026

Ons sien uit om julle in julle klas se kleure te sien😇

🌟 JUNIOR TOWN COUNCIL LAUNCH 🌟De Rust Sekondêre Skool was bevoorreg om deel te wees van die amptelike bekendstelling van...
09/09/2026

🌟 JUNIOR TOWN COUNCIL LAUNCH 🌟

De Rust Sekondêre Skool was bevoorreg om deel te wees van die amptelike bekendstelling van die Junior Town Council (JTC) onder die tema:

“Young Voices, Bright Futures, Stronger Oudtshoorn.”

Ons is trots om ons twee leerders te noem wat die skool by hierdie besondere geleentheid verteenwoordig het:

👩🏽‍🎓 Melikah Vryburg – Graad 11A
👩🏽‍🎓 Jacqueline Komoetoe – Graad 9A

Die leerders is vergesel deur Mnr. C. Cobus, wat as opvoeder die skool by die geleentheid verteenwoordig het.

Die program het onder meer registrasie, ’n verwelkoming deur die Uitvoerende Speaker, ’n oorsig oor die rol van GOYC & JTC, erkenning van lede en die hoofrede deur die Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn ingesluit.

🌟 ’n Baie spesiale vermelding aan Burgermeester Jan van der Ross 🌟

As voormalige skoolhoof van De Rust Sekondêre Skool is ons besonder trots om meneer vandag in sy nuwe rol as Uitvoerende Burgemeester van die groter Oudtshoorn te sien.

Ons is bly saam met Mnr. van der Ross en wens hom van harte geluk en baie sterkte toe met hierdie belangrike rol en groot verantwoordelikheid. Mag hy voortgaan om met wysheid, toewyding en passie ’n positiewe verskil in Oudtshoorn te maak.

Baie dankie aan Oudtshoorn Munisipaliteit, GOYC en die Jeugkantoor vir die belegging in ons jeug en die ontwikkeling van toekomstige leiers.

De Rust Sekondêr is trots! ❤️
Kennis open deure!

08/09/2026
📚✨ BAIE STERKTE AAN ONS GRAAD 12’S! ✨📚Ons voorbereidende eksamens begin hierdie week. 💪📖26 Augustus: Toerisme V127 Augus...
25/08/2026

📚✨ BAIE STERKTE AAN ONS GRAAD 12’S! ✨📚

Ons voorbereidende eksamens begin hierdie week. 💪📖

26 Augustus: Toerisme V1
27 Augustus: Geskiedenis V1
28 Augustus: Wiskundige Geletterdheid V1 / Wiskunde V1

🎯 Bly gefokus, werk hard en glo in jouself!

⚠️ BELANGRIK: Alle Graad 12-leerders moet in die skool wees. Daar is geen oorskryf van eksamens nie. Bywoning is verpligtend wanneer julle skryf.

🌟 Jou toekoms begin met jou voorbereiding vandag!

Sterkte, Graad 12’s! Ons glo in julle! ❤️💛🖤
De Rust Sekondêr – Kennis Open Deure

🌟 ’N BESONDERSE BESOEK AAN DE RUST SEKONDÊRE SKOOL 🌟De Rust Sekondêre Skool was bevoorreg om ons Distriksdirekteur, Mnr....
19/08/2026

🌟 ’N BESONDERSE BESOEK AAN DE RUST SEKONDÊRE SKOOL 🌟

De Rust Sekondêre Skool was bevoorreg om ons Distriksdirekteur, Mnr. Jewel Jonkers, by ons skool te verwelkom.
Mnr. Jonkers het ons matrikulante toegespreek en gemotiveer met waardevolle raad en aanmoediging ter voorbereiding vir die belangrike pad wat voorlê. 🎓

Ons waardeer die tyd, leierskap en ondersteuning. Dit was ’n voorreg om meneer by ons skool te hê.

Baie dankie, Mnr. Jonkers, vir die inspirasie en motivering. 🙏🏽


Anthen Pienaar neem hierdie naweek deel aan die♟️WC King & Queens Development Chess Tournament♟️in Ceres. Ons wens hom s...
14/08/2026

Anthen Pienaar neem hierdie naweek deel aan die
♟️WC King & Queens Development Chess Tournament♟️in Ceres. Ons wens hom sterkte toe en is reeds baie trots op hom.

Address

2de Avenue
De Rust

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 15:00

Telephone

+27442412237

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Rust Sekondêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to De Rust Sekondêre Skool:

Shortcuts

Share

Category