02/09/2026
🎉 GELUKKIGE VERJAARSDAG, MNR. MOWERS! 🎉
Vandag vier ons nie net u verjaarsdag nie, maar ook die besonderse mens en kollega wat u is. 🌟
Baie dankie vir alles wat u vir ons skool beteken, en veral vir die ongelooflike bydrae wat u tot sport en rugby lewer. 🏉 U passie, toewyding en bereidwilligheid om altyd ’n ekstra myl vir ons leerders te loop, word opreg waardeer.
U inspireer ons leerders om hul beste te gee, om nooit moed op te gee nie en om met trots hul skool te verteenwoordig. 🏆
Mag hierdie nuwe lewensjaar vir u gevul wees met vreugde, goeie gesondheid, seën en baie mooi oomblikke.
Baie geluk, mnr. Mowers! 🥳
Ons waardeer u. 💙🏉