31/08/2026
RUGBY🏉
Baie geluk aan Cairo-Lee Tities en Aden Brandt wat opgeneem is in die Boland o/12 Rugbyspan. Cairo-Lee is opgeneem in die o/12 B-span en Aden in die o/12 A-span. Hulle neem gedurende die September-vakansie deel aan die Interprovinsiale toernooi in die Paarl.
Baie geluk met hierdie puik prestasie!