02/09/2026
UNIEK EN HOOGSUITSONDERLIK
Die Tsjeggiese
Jiřičky Children's and Youth Choir het Laerskool Constantiapark die week besoek en bygedra tot 'n unieke, onvergeetlike en uitsonderlike kooraand waar musiek die brug tussen Tsjeggië en Rooikatwêreld gebou het!
Ons junior en senior koor onder leiding van Hano Van der Walt saam met die Tsjeggiese koordirigent,
Jiřina Jiřičková, en haar
Jiřičky Children's and Youth Choir het 'n mooi geskep, so mooi dat elkeen in die gehoor se siele en harte vernuwe is deur die skoonheid van musikaliteit wat oor lands- en taalgrense strek!
(Ons was ook verras dat daar nog mense in die wêreld is met rooi en swart drag...)