Lowryville Intermediêre Skool

Lowryville Intermediêre Skool Lowryville Intermediate School is an Afrikaans-medium public school in Colesberg, Northern Cape, offering quality education from Grade R–9.

Building confident learners through strong values and community partnership.

Baie sterkte aan ons twee leerders, Rochandré Moloinyane en Isaiah Rademeyer, wat Lowryville Intermediêre Skool by die W...
07/09/2026

Baie sterkte aan ons twee leerders, Rochandré Moloinyane en Isaiah Rademeyer, wat Lowryville Intermediêre Skool by die WOW-Spelfees in Upington gaan verteenwoordig! 📚🐝💙

Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alle voorspoed toe. Doen julle beste en geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid!

Baie geluk ook aan al ons leerders wat aan die vorige ronde in Prieska deelgeneem het. Al het julle nie tot die volgende ronde deurgedring nie, is ons baie trots op julle harde werk, moed en uitstekende deelname. Julle het ons skool se naam met trots gedra! 👏🏽✨

🎉 Baie geluk met Juffrou Jennifer van Wyk se verjaarsdag!Juffrou Jennifer is ’n toegewyde Grondslagfase-onderwyseres met...
06/09/2026

🎉 Baie geluk met Juffrou Jennifer van Wyk se verjaarsdag!

Juffrou Jennifer is ’n toegewyde Grondslagfase-onderwyseres met jare se waardevolle ervaring wat sy graag met ander deel. Haar goedhartigheid en uitstekende leierskap maak haar ’n groot aanwins vir ons skool.

Ons wens Juffrou ’n wonderlike verjaardag en ’n geseënde nuwe lewensjaar toe! 💙🤍

🎉 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Rezona Hans! 🎂💐Juffrou Rezona is ’n besonderse onderwyseres met ’n vriendelike en liefd...
04/09/2026

🎉 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Rezona Hans! 🎂💐

Juffrou Rezona is ’n besonderse onderwyseres met ’n vriendelike en liefdevolle hart en sy is altyd gereed om ’n helpende hand uit te reik.

Met haar pragtige, professionele styl en haar omgee-hart stel sy elke dag ’n wonderlike voorbeeld vir die mense om haar.

Ons wens Juffrou ’n baie gelukkige verjaarsdag toe, gevul met liefde, vreugde en seëninge. Mag die jaar wat voorlê net so mooi en besonders soos Juffrou wees! 💙✨

Baie dankie aan Meneer Hendry Rademeyer en Meneer Tiago Rodriguez van Kingsley vir hul ruim finansiële bydrae tot ons WO...
03/09/2026

Baie dankie aan Meneer Hendry Rademeyer en Meneer Tiago Rodriguez van Kingsley vir hul ruim finansiële bydrae tot ons WOW-Spelfeesreis na Upington. 🐝📚

Danksy die ondersteuning van hierdie plaaslike sake-eienaars kan ons leerders die reis aanpak en aan die spelfees deelneem.

Ons waardeer julle bereidwilligheid om in ons leerders en hul toekoms te belê. Julle ondersteuning maak werklik ’n verskil!💙🤍

🌟 Gelukkige Nasionale Sekretaressedag! 🌟Vandag betuig ons ons opregte waardering aan ons toegewyde sekretarisse, Ralton ...
02/09/2026

🌟 Gelukkige Nasionale Sekretaressedag! 🌟

Vandag betuig ons ons opregte waardering aan ons toegewyde sekretarisse, Ralton Manewell en Rosemary Quesha.

Baie dankie vir julle harde werk, vriendelike diens en waardevolle bydrae tot ons skool. Julle vorm ’n belangrike deel van die Lowryville-familie, en ons waardeer alles wat julle daagliks agter die skerms doen. 💙🤍

Ons sien en waardeer julle! 🌷👏

🎉 Baie geluk met Juffrou Suraya Plaatjies se verjaarsdag! 🎂💐Juffrou Suraya is ’n toegewyde Grondslagfase-onderwyseres wa...
28/08/2026

🎉 Baie geluk met Juffrou Suraya Plaatjies se verjaarsdag! 🎂💐

Juffrou Suraya is ’n toegewyde Grondslagfase-onderwyseres wat altyd gereed is om ’n helpende hand uit te steek. Haar vriendelikheid en bereidwilligheid om ander te ondersteun, word opreg waardeer.

Mag Juffrou se nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, liefde en vele seëninge. Geniet Juffrou se spesiale dag! 💙🤍

👕✨ CIVVIES-DAG! ✨👟Ons leerders kan op Vrydag, 28 Augustus 2026, civvies aantrek teen slegs R5.Die fondse sal gebruik wor...
27/08/2026

👕✨ CIVVIES-DAG! ✨👟

Ons leerders kan op Vrydag, 28 Augustus 2026, civvies aantrek teen slegs R5.

Die fondse sal gebruik word om ons WOW-spelkompetisie-leerders se reiskoste te help dek. Kom ons ondersteun hulle en help om hul reis moontlik te maak! 🐝📚

📌 Let wel: Dit is steeds ’n normale skooldag.

🏆 Baie geluk aan ons Lowryville-sportspanne! 🏉🏐Ons is ongelooflik trots op al ons spelers wat aan die Noupoort Sportdag ...
22/08/2026

🏆 Baie geluk aan ons Lowryville-sportspanne! 🏉🏐

Ons is ongelooflik trots op al ons spelers wat aan die Noupoort Sportdag deelgeneem het. Julle het Lowryville met trots, goeie sportmangees en deursettingsvermoë verteenwoordig!

🏐 Ons o.14- en o.15-netbalspanne het waardevolle wedstrydervaring opgedoen. Hoewel die uitslae nie hierdie keer in ons guns was nie, het die spelers tot die einde toe moed en vasberadenheid gewys.

🏉 Rugbyuitslae:

* o.11 wen 25–10 teen Eureka
* o.13 wen 7–0 teen Hanover
* o.16 wen 27–5 teen Eureka
* Die o.16’s het ook ’n uitdagende wedstryd teen ’n sterk gekombineerde Noupoortspan gespeel. Ondanks die nederlaag het hulle tot die einde toe aangehou veg en waardevolle ervaring opgedoen.

Baie geluk aan ons spelers en afrigters! Ons waardeer julle harde werk en toewyding. Hou aan groei, leer en verbeter, ons is trots op julle! 💙🤍

🎉 Hartlik geluk met u verjaarsdag, Meneer Humann Oerson!Baie dankie vir Meneer se waardevolle bydrae tot ons skool , van...
21/08/2026

🎉 Hartlik geluk met u verjaarsdag, Meneer Humann Oerson!

Baie dankie vir Meneer se waardevolle bydrae tot ons skool , van die rugbyveld tot die administratiewe werk agter die skerms. Meneer se harde werk, vriendelike geaardheid en bereidwilligheid om altyd te help, word opreg waardeer.

Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met geluk, goeie gesondheid, sukses en vele mooi oomblikke.

Geniet u spesiale dag, Meneer Oerson! 🎂🎈🏉

🔥 MÔRE is dit Civviesdag! 🔥Ama2000’s, dis julle tyd om te wys! Trek aan in jou beste ama2000-styl en bring daardie 2010-...
20/08/2026

🔥 MÔRE is dit Civviesdag! 🔥

Ama2000’s, dis julle tyd om te wys! Trek aan in jou beste ama2000-styl en bring daardie 2010-en-later energie skool toe! 📱🎧👟✨

📅 Vrydag, 21 Augustus 2026
💰 Slegs R5
👕 Tema: Ama2000

Ons sien uit na al julle stylvolle uitrustings! 😎

Address

Colesberg
9795

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27517430647

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lowryville Intermediêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Lowryville Intermediêre Skool:

Shortcuts

Share

Category