08/05/2026
Get •
Moedersdag is om die draai, en ’n BabaGim-geskenkbewys is ’n deurdagte manier om vir haar te wys watter ongelooflike mamma sy is!
BABAGIM 2 FERM GRONDSLAG | CENTURION
Mamma/pappa en baba is welkom om by BabaGim 2 aan te sluit wanneer baba *6 weke en ouer is - Dit maak BabaGim 2 Ferm Grondslag ideaal vir die ouer op kraam-/ouerskapsverlof!
Hierdie program sluit 'n 1-uur klas, een keer per week, vir 5 agtereenvolgende weke in.
In slegs 5 weke, sal jy leer om:
🧠 Baba van kop tot tone te masseer om: Baba te onstpan, met baba ‘n band te vorm, die tassintuig te stimuleer en baba se totale senuweestelsel te kalmeer.
🧠 Baba se sintuie te ontwaak volgens die natuurlike volgorde van sensoriese ontwikkeling: aanraking, (die sin vir) beweging en balans, reuk, smaak, gehoor en sig.
🧠 Magie-tyd lekker te maak en die kleintjie se spiere te versterk – dit verseker dat baba tydens wakkertye aktief is en goed beweeg!
Jy sal die program afsluit met die aller-fraaiste BabaGim-gradeplegtigheid!
BabaGim 2 rus jou kleinding toe om te beweeg, verken, spierkrag op te bou en vaardighede te verfyn. BabaGim 2 is uitsekende voorbereiding vir die bereiking van groot motoriese mylpale!
*6 Weke word bereken vanaf 40 weke, nie die geboortedatum nie.
AARD VAN DIE KLASSE
Dit is 'n informele en interaktiewe program. Ouers en babas sit deurgaans op die vloer – gemaklike drag word aanbeveel. Die klasse sluit teoretiese en praktiese sessies in en vrae is welkom.
SLUIT BY ONS AAN
📆 Dinsdag 12 Mei 2026
⏰️ Tyd: 9:00
💰 R1160.00 * Moedersdag aanbod
Registreer voor: 5 Mei 2026
Voltooi asseblief die registrasie skakel hier 👇🏻
[email protected]" rel="ugc" target="_blank">https://babygym.co.za/babygym-client-babygym-2-firm-foundations/?date=12-05-2026&time=09:00%20AM&email=[email protected]
Kontak my gerus vir meer inigting
☎️ 083 407 1532
💻 [email protected]