04/09/2026
Rugby: Ons o.12-sewesrugbyspan het die voorreg gehad om aan die jaarlikse Marius Schoeman-sewestoernooi by Hoërskool Paarl Gimnasium deel te neem.
Die kompetisie was straf, maar het aan ons seuns waardevolle wedstrydblootstelling en ervaring gebied. Hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt en Augsburg se naam met trots gedra.
Augsburg is trots op julle, manne!