Pomario Onafhanklike Skool / Independent School

Pomario Onafhanklike Skool / Independent School Pomario Onafhanklike Skool is 'n Christelik-gebaseerde dubbelmedium privaatskool.

Pomario is 'n Christen gebaseerde, dubbel medium onafhanklike skool wat fokus op kwaliteit onderrig met kleiner klasse en individuele aandag.

🌟 WOW Spel – Ronde 2! 🌟Op Woensdag, 26 Augustus, het 6 van ons leerders met trots aan Ronde 2 van die WOW Spel (Weskus D...
03/09/2026

🌟 WOW Spel – Ronde 2! 🌟

Op Woensdag, 26 Augustus, het 6 van ons leerders met trots aan Ronde 2 van die WOW Spel (Weskus Distrik) in Moorreesburg deelgeneem. πŸ“š

Ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle vir hul harde werk, voorbereiding en deelname!

’n Spesiale gelukwensing aan Paula Oberholzer en Calsey Groenewald, wat daarin geslaag het om deur te dring na die Wes-Kaap Provinsiale Ronde! πŸŽ‰πŸ†

Die provinsiale ronde vind op 12 September plaas. Ons wens julle baie sterkte toe β€” ons staan agter julle! πŸ€βœ¨

Baie geluk aan al ons deelnemers! Julle maak ons trots! πŸ“–

🎯 POMARIO SKIETDAG 🎯Skryf nou in vir ons jaarlikse Skietdag op 19 September 2026 by Kleinbegin, Citrusdal!πŸ”Ή Senterslag &...
02/09/2026

🎯 POMARIO SKIETDAG 🎯

Skryf nou in vir ons jaarlikse Skietdag op 19 September 2026 by Kleinbegin, Citrusdal!

πŸ”Ή Senterslag & Randslag
πŸ”Ή Registrasie vanaf 07:00 | Baanveiligheid 07:45 (verpligtend)
πŸ”Ή R450 (Senterslag & Randslag) / R300 (Randslag) β€” ete ingesluit
πŸ”Ή Lekker pryse te wen + Lucky Draw!

Bring jou oog-/oorbeskerming, toe skoene en kontant vir verkope.

πŸ“² Navrae: Fanie Louw β€” 078 866 5534 (slegs WhatsApp)

Wat is nou eintlik mooier as om te gee? By Pomario is ons geΓ―nspireer deur die werk wat (Mooier) Citrusdal elke dag doen...
01/09/2026

Wat is nou eintlik mooier as om te gee?

By Pomario is ons geΓ―nspireer deur die werk wat (Mooier) Citrusdal elke dag doen om ons omgewing mooi en skoon te hou. Daarom het ons besluit om vir die res van die jaar maandeliks 'n aantal vullissakke aan hulle te skenk.
Mev Teresa Tierie, Elzette, Simondre en Brendon het vandag hierdie maand se sakke by die skool kom haal.

Dankie vir alles wat julle doen, (Mooier) Citrusdal β€” julle inspireer ons om ook ons deel te doen.

🌸 Heerlike Lente by Pomario 🌸
01/09/2026

🌸 Heerlike Lente by Pomario 🌸

Citrusdal: 'n Kreatiewe Gemeenskap – dankie, Citrusdal! πŸŽ¨πŸŽΆπŸ“–Wat 'n aand was dit nie! Donderdagaand, 27 Augustus, was die ...
31/08/2026

Citrusdal: 'n Kreatiewe Gemeenskap – dankie, Citrusdal! πŸŽ¨πŸŽΆπŸ“–

Wat 'n aand was dit nie!

Donderdagaand, 27 Augustus, was die NG Kerksaal vol musiek, gedigte, kuns en gemeenskapsgees. Gaste het die aand deurgebring deur na optredes te luister, kunswerke van naby te bekyk en gedurende die pouse met die kunstenaars self te gesels – presies die soort aand waarvoor ons gehoop het. Dankie aan almal wat kom kyk en luister het.

Aan elke kunstenaar en musikant wat uitgestal en opgetree het, baie dankie. Ons eie leerders, plaaslike kunstenaars en gaste van heinde en verre het skilderye, illustrasies, fotografie, gedigte en selfs opvoedkundige speelgoed vir babas met ons gedeel. Elkeen het iets spesiaal tot die aand bygevoeg.

'n Besondere hoogtepunt van die aand was 'n onderhoud op die verhoog tussen ons hoofdogter, Alicia Visser (self 'n voornemende fotograaf), en Merie Langner. Merie is onlangs met 'n gesogte internasionale fotografie-toekenning vereer – die eerste skoolleerder ooit om hierdie prys te ontvang. Wat 'n voorreg om haar storie uit haar eie mond te hoor.
Willie Jacobs het op sy b***t met ons oor sy skilderproses gesels en ons weer eens geΓ―nspireer met sy boodskap: gaan uit, probeer nuwe dinge, en maak al die foute wat daar is om te maak – want dis hoe jy leer.
Dankie aan Willie en Merie wat onderskeidelik van die Weskus en Pretoria af gereis het om by ons te wees.

Baie dankie ook aan ons borge! Soveel van die aand se sukses was danksy julle.
Dankie ook aan mev Salome Benade, wie se pragtige dekor die saal in 'n warm, gesellige ruimte omskep het.
En aan mev DesirΓ© Smit en ons hoof, mnr Johann Jordaan – hierdie aand was julle gesamentlike visie, en sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. Dankie dat julle kuns by Pomario laat leef.

✨ Citrusdal, julle kreatiwiteit is iets besonders! ✨️

πŸ“Έ Foto's: Chris Cosnett en die Pomario Redaksiespan

πŸ’šπŸ’› GO BOKKE! πŸ’›πŸ’šOns Meerkatte (Graad RR) het vandag trots hul Springbok-truie aangetrek vir Bok-Vrydag! Klein Bokkies met...
28/08/2026

πŸ’šπŸ’› GO BOKKE! πŸ’›πŸ’š

Ons Meerkatte (Graad RR) het vandag trots hul Springbok-truie aangetrek vir Bok-Vrydag! Klein Bokkies met groot gees. πŸ‰ πŸ‡ΏπŸ‡¦

πŸ•Ί LO πŸ’ƒπŸ½Gister tydens LO het ons leerders lekker gedans! πŸ’ƒπŸ•Ί Van die Cha Cha Slide tot die Macarena is daar heerlik gedans...
27/08/2026

πŸ•Ί LO πŸ’ƒπŸ½

Gister tydens LO het ons leerders lekker gedans! πŸ’ƒπŸ•Ί Van die Cha Cha Slide tot die Macarena is daar heerlik gedans, gelag en saam pret gehad. 🎢

Nog net 1 dag om te gaan! 🎨🎢✨MΓ΄re kom ons gemeenskap bymekaar vir Citrusdal: ’n Kreatiewe Gemeenskap – ’n aand vol musie...
26/08/2026

Nog net 1 dag om te gaan! 🎨🎢✨

MΓ΄re kom ons gemeenskap bymekaar vir Citrusdal: ’n Kreatiewe Gemeenskap – ’n aand vol musiek, gedigte, kuns en kreatiwiteit. Kom ontmoet ons kunstenaars, bewonder hul werk en deel in ’n besondere kreatiewe ervaring!

🎟️ Kaartjies is beskikbaar op Quicket én by die deur.

Ons sien julle daar! 🌿🎭

🍊 TWO DAYS TO GO! 🎨Citrusdal: A Creative CommunityWhere creativity and community come together β€” Dr Church Hall, Citrusd...
25/08/2026

🍊 TWO DAYS TO GO! 🎨

Citrusdal: A Creative Community
Where creativity and community come together β€” Dr Church Hall, Citrusdal

πŸ“… Thursday, 27 August 2026
πŸ•• Arrival: 18:00 | Start: 18:30

Art. Music. Community.

🎟️ Get your tickets now on Quicket
Adults R150 | Children 13-17 R80 | Under 13 free
πŸ‘‰ https://www.quicket.co.za/events/389241-citrusdal-a-creative-community/

Hierdie afgelope Vrydag, 21 Augustus, het ons kranige graad 9 tot 11-leerders die hitte en die muggies getrotseer. Hulle...
25/08/2026

Hierdie afgelope Vrydag, 21 Augustus, het ons kranige graad 9 tot 11-leerders die hitte en die muggies getrotseer. Hulle was reg vir aksie om die unieke inheemse plante, insekte en diere van die Cederberg-streek te dokumenteer. Dit was alles deel van die opwindende drie jaar lange Cederberg-Piketberg Leopard Corridor-projek, in samewerking met die Cape Leopard Trust en Conservation Outcomes.

Gewapen met geesdrif is ons uit na Hotwegskloof. Vir twee ure lank het ons die veld gefynkam vir lewe. Ons het weereens in totale verwondering gestaan oor ons ryk biosfeer en sy fassinerende geheime β€” van katnaels en spookasem tot die ikoniese tolbosse! ✨

Nadat ons klaar die biosfeer gedokumenteer het, het ons gou by Khoisan-rotstekeninge naby 'n stroompie gaan kyk.

'n Heerlike Vrydag-uitstappie met die lekkerste sonnige weer.

Pomario help om ons natuurerfenis op die kaart te sit én te hou! 🐾

Address

R303 Tot Ceres
Citrusdal
7340

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:55
Tuesday 07:30 - 13:55
Wednesday 07:30 - 13:55
Thursday 07:30 - 13:55
Friday 07:30 - 13:55

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pomario Onafhanklike Skool / Independent School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Pomario Onafhanklike Skool / Independent School:

Share

Category