Cederberg Akademie

Cederberg Akademie Hoërskool Toegewyd aan uitnemendheid.

28/03/2017

Aan al die fb users wat die page likes will ek net inlig hierdie page is nie meer in werking nie daar is m heel nuwe page met baie meer updated nuus van die skool se gebeur.. Soek net vir Cederberg Academy en jlle sal die nuwe page vind. Hierdie page is nie meer inwerking nie.

13/04/2016

Cederberg Akademie VS West Coast College netbal en rugby.... wedstryde begin stiptelik om 4uur... toegang is gratis

en so word die nuwe graad 8's van citrusdal gdoop... terselfde tyd besluit die matrieks van 2016 dat hlle ooh gdoop moet...
22/01/2016

en so word die nuwe graad 8's van citrusdal gdoop... terselfde tyd besluit die matrieks van 2016 dat hlle ooh gdoop moet word deur juffrou davids...

31/08/2015
25/08/2015



Ons Interskole kragmeting teen Clanwilliam Sekonder vind Saterdag hier op ons tuisvelde plaas. Ons rugby- en netbalspanne is daagliks besig om voor te berei. Lezaan Syster is aangewys as ons Sjampanje-nooientjie. Toegangsgelde by die hek is R10.00 per person. Leerders in skooldrag is gratis. Ons sien uit daarna om die ouers, personeel en leerders van Clanwilliam SS hier te ontvan en ons glo dat al ons ouers ook daardie dag hier saam met ons sal wees

25/08/2015



Vyftien van ons leerders het op 13 Augustus aan die WOW-Spelkompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar. Valentina Valentyn, Jenic Dirks, Janick Meyer (Graad 8), Lizelle Titus, Cassidy van Rooy, Bradwin Kamfer (Graad 9) en Josi-Anne Zass, Bennedine Don, Corne Resandt (Graad 10), het deurgedring na die volgende rondte. Hierdie nege leerders sal ons skool op 28 Augustus by Laerskool Olifantsvallei verteenwoordig Ons wesn hulle alle strekte toe.

21/08/2015



If you can't do it today, what makes you think you can do it tomorrow?

18/08/2015
18/08/2015

Weet iemand dalk van n onderwyser wat vir ons kan uithelp vir die volgende ses weke vakke vir Graad 8-9 Kuns en Kultuur (Skepende Kunste) en Geskiedenis. Dit is n Departementele pos wat deur die WKOD vergoed word.

03/06/2015

Sê nou ek haat skool?

Wat jy nodig het

’n Positiewe beskouing van die leerproses. Probeer om die hele prentjie te sien. Nie alles in die leerplan lyk dalk asof dit prakties is nie—ten minste nie nou nie. Maar om ’n verskeidenheid vakke te leer, sal jou ’n beter begrip van die wêreld om jou gee. Dit sal jou help om “alles vir alle soorte mense” te word sodat jy met mense uit verskillende agtergronde kan gesels (1 Korintiërs 9:22). Jy sal op die minste jou denkvermoë verbeter—iets wat jou beslis op die lange duur sal help.

’n Man kap sy pad oop deur ’n digte oerwoud

Om deur die skool te kom, kan wees soos om jou pad deur ’n digte oerwoud oop te kap—maar jy kan dit doen as jy die regte hulpmiddele het

’n Positiewe beskouing van jou onderwyser. As jy d**k dat jou onderwyser vervelig is, moet jy op die onderwerp konsentreer, nie op die persoon nie. Onthou dat jou onderwyser waarskynlik al tientalle of selfs honderde kere dieselfde les aan ander klasse gegee het. Daarom is dit dalk vir hom moeilik om dieselfde entoesiasme oor die onderwerp te hê as wat hy aan die begin gehad het.

Wenk: Maak notas, vra respekvol vir nog inligting en wees entoesiasties oor die onderwerp. Entoesiasme is aansteeklik.

’n Positiewe beskouing van jou vermoëns. Skool kan jou verborge talente na vore bring. Paulus het aan Timoteus geskryf: ‘Wakker die gawe van God wat in jou is, soos ’n vuur aan’ (2 Timoteus 1:6). Timoteus het blykbaar die een of ander gawe van die heilige gees ontvang. Maar sy “gawe” moes ontwikkel word sodat dit nie ongebruik sou bly of verlore sou gaan nie. Jou akademiese vermoëns is natuurlik nie direk deur God aan jou gegee nie. Nietemin is die talente wat jy het, uniek aan jou. Skool kan jou help om vermoëns te ontdek en te ontwikkel wat jy nie eers geweet het jy het nie.

02/06/2015

Hoe kan ek beter punte kry?

Wat jy kan doen

D**k positief! Moenie d**k dat jy eenvoudig nie beter kán doen nie, want dan sal jy dit nooit regkry nie. Wanneer jy negatiewe gedagtes oor jou vermoëns kry, vervang dit met positiewe gedagtes. Byvoorbeeld, toe mense (moontlik sonder rede) Paulus se vermoë as ’n spreker gekritiseer het, het hy geantwoord: “Al is ek onbedrewe in spraak, is ek beslis nie in kennis nie” (2 Korintiërs 10:10; 11:6). Paulus was bewus van sy swakhede. Maar hy het ook geweet wat sy sterk punte is. Wat van jou? Wat is jou sterk punte? As jy nie aan enige kan d**k nie, kan jy ’n volwassene vra wat vir jou omgee. So ’n vriend kan jou help om te sien wat jou sterk punte is en om die meeste daarvan te maak.

Kweek goeie studiegewoontes aan. Daar is geen maklike manier om op skool sukses te behaal nie. Jy gaan vroeër of later moet studeer. Toegegee, selfs net die woord klink dalk onaangenaam. Maar dit is voordelig om te studeer. Om die waarheid te sê, as jy net ’n bietjie moeite doen, kan jy dit selfs geniet. Maar om goeie studiegewoontes aan te leer, sal jy jou tyd moet organiseer. Onthou—terwyl jy op skool is, moet dit ’n prioriteit wees om te leer. Die Bybel sê dat daar wel “’n tyd [is] om te lag” en “’n tyd om rond te huppel” (Prediker 3:1, 4; 11:9). Daarom sal jy, soos die meeste jongmense, waarskynlik ’n bietjie tyd vir ontspanning wil opsysit. Maar Prediker 11:4 waarsku: “Hy wat die wind dophou, sal nie saad saai nie; en hy wat na die wolke kyk, sal nie oes nie.” Wat is die les? Moenie uitstel nie. Jy sal nie belangrike werk gedoen kry nie. Leer eers, speel later. Moenie bekommerd wees nie—jy kan tyd vir albei vind!

’n Seun wat gewigte optel

Net soos gewigoptel jou spiere kan ontwikkel, kan goeie studiegewoontes jou help om beter te presteer op skool.

Address

Citrusdal
7340

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27229213106

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Cederberg Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Cederberg Akademie:

Shortcuts

Share

Category