Citrusdal Primêre Skool

Citrusdal Primêre Skool INSPANNING TOT OORWINNING

🌟 WES-KAAP LANDLOOP KAMPIOENSKAPPE 🌟Ons by Citrusdal Primêr is buitengewoon trots op ons drie atlete wat môre, 12 Septem...
11/09/2026

🌟 WES-KAAP LANDLOOP KAMPIOENSKAPPE 🌟

Ons by Citrusdal Primêr is buitengewoon trots op ons drie atlete wat môre, 12 September 2026, ons skool én ons vallei gaan verteenwoordig by die Wes-Kaapse Landloop Kampioenskappe in Riversdal:

🏃‍♂️ Wale Witbooi (O/12)
🏃‍♀️ Meagan Mentoor (O/11)
🏃‍♂️ Dehaygen Robison (O/10)

Hulle dra nie net die skool se naam op hul bors nie, maar verteenwoordig ook ons hele, breë gemeenskap en die besondere talent wat jaar na jaar hier in ons vallei meegemaak en geoes word.

Ons wens julle alle sterkte toe vir elke kilometer en elke tree van die wedloop môre.

Hardloop met trots, passie en uithouvermoë!
Kom ons hou hierdie drie sterrre saam in ons gedagtes en gebede. Die hele Citrusdal staan bankvas agter julle! 🟢🟡


BROM-BROM-BZZZ! 🐝🪰Raai wie het gister saam met ons kom lees? Die POLISIE! 🚓👮‍♀️👮‍♂️Hulle het vir ons "Brommer en By" gel...
10/09/2026

BROM-BROM-BZZZ! 🐝🪰

Raai wie het gister saam met ons kom lees? Die POLISIE! 🚓👮‍♀️👮‍♂️

Hulle het vir ons "Brommer en By" gelees - By werk hard en maak heuning vir konings, Brommer is lui en moet borde aflek! 😂

Watter een wil JY wees? Ons kies BY! Fluks soos 'n bytjie!

Dankie SAPS! 💚💜💛

🐝📚🚓

📢 ADVERTENSIE: FASILITEERDERPOS BESKIKBAAR📅 Sluitingsdatum: 15 September 2026Sien die aangehegte advertensie vir volledi...
09/09/2026

📢 ADVERTENSIE: FASILITEERDERPOS BESKIKBAAR

📅 Sluitingsdatum: 15 September 2026

Sien die aangehegte advertensie vir volledige besonderhede.

📚💛 Baie dankie aan Citrusdal SAPS dat julle deel was van ons Nasionale Boekweek en die liefde vir lees saam met ons leer...
09/09/2026

📚💛 Baie dankie aan Citrusdal SAPS dat julle deel was van ons Nasionale Boekweek en die liefde vir lees saam met ons leerders gevier het! 🐝📖✨

📚✨ Nasionale Boekweek – Dag 2 | 8 September 2026 ✨📚Gister het Zuguzela by Citrusdal Primêr kom kuier! 🎉📖Die leerders het...
09/09/2026

📚✨ Nasionale Boekweek – Dag 2 | 8 September 2026 ✨📚

Gister het Zuguzela by Citrusdal Primêr kom kuier! 🎉📖
Die leerders het elke oomblik geniet – ’n dag vol pret, stories en groot glimlagte! 💚💛

📚✨

📸✨ Belangrike herinnering!Ons herinner ouers vriendelik dat die laaste betaaldatum vir skoolfoto’s Vrydag, 11 September ...
08/09/2026

📸✨ Belangrike herinnering!

Ons herinner ouers vriendelik dat die laaste betaaldatum vir skoolfoto’s Vrydag, 11 September 2026, voor 10:00 is.

Baie dankie vir u samewerking! 💚💛

📚🌈 Nasionale Boekweek – Dag 1 | 7 September 2026 🌈📚Ons het Nasionale Boekweek op 7 September op ’n kleurvolle en spesial...
08/09/2026

📚🌈 Nasionale Boekweek – Dag 1 | 7 September 2026 🌈📚

Ons het Nasionale Boekweek op 7 September op ’n kleurvolle en spesiale manier afgeskop! 📖✨

Ons Graad R-opvoeders het die leerders vermaak met “Sokkies gaan winkel toe!” 🧦📚 ’n Heerlike ervaring vol stories, pret en ’n liefde vir lees!

Baie dankie aan ons Graad R-opvoeders vir hul moeite, kreatiwiteit en entoesiasme. ❤️👏

📚 Lees maak deure oop na nuwe wêrelde! 🌈

🌸 LENTE DAG & GRAAD 7 MARKDAG! 🌸Kom vier die lente saam met ons! 🌼 Leerders kan gewone klere aantrek teen slegs R5 en di...
03/09/2026

🌸 LENTE DAG & GRAAD 7 MARKDAG! 🌸

Kom vier die lente saam met ons! 🌼 Leerders kan gewone klere aantrek teen slegs R5 en die Graad 7’s hou ’n lekker Markdag met verskeie lekkernye en goedjies te koop! 🛍️🍿🍔

📅 Vrydag 4 September 2026
💰 Civvies: R5

Kom kuier, eët lekker en ondersteun ons Graad 7’s! 💚🌸

🌸 Gelukkige Sekretaresse Dag! 💚💛Dankie, Me. Hanekom & Mnr. Ruiters! 🌟
02/09/2026

🌸 Gelukkige Sekretaresse Dag! 💚💛
Dankie, Me. Hanekom & Mnr. Ruiters! 🌟

Baie dankie, Sederberg Primêr! 💙💚🏐🏈 Dit was voorwaar ’n wonderlike dag vol sport, gees en trots. Ons waardeer die goeie ...
30/08/2026

Baie dankie, Sederberg Primêr! 💙💚🏐🏈 Dit was voorwaar ’n wonderlike dag vol sport, gees en trots. Ons waardeer die goeie sportmanskap en gees van samewerking. Tot volgende jaar! 🏆✨

Address

Anemoon Street
Citrusdal
7340

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Citrusdal Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Citrusdal Primêre Skool:

Shortcuts

Share

Category