Soos in verlede week (Vrydag 24 Januarie 2025) se nuusbrief gekommunikeer, is die atletiek uitgestel tot verdere kennisgewing. Dit sal dus nie op Maandag 3 Februarie 2025 wees nie.
Die ouervergadering is wel op Donderdag 6 Februarie 2025 om 19:00 in die skoolsaal. Ons sien uit om u daar te sien.
Citrusdal Primêre Skool
INSPANNING TOT OORWINNING
Operating as usual
Weens die feit dat ons vanoggend ń busbreuk ervaar het kan ons ongelukkig nie more ouers en toeskouers saam neem na die Plattelandbyeenkoms vir hoërskoolleerders te Porterville nie.
Jammer vir enige ongerief
Op Vrydag 31 Januarie neem 70 van ons laerskool leerders deel aan die Plattelandbyeenkoms vir laerskool leerders op Porterville. Daar is dus ongelukkig nie plek vir toeskouers op die bus nie.
Op Saterdag 1 Februarie 2025 gaan van ons leerders deelneem aan die Plattelandbyeenkoms vir hoërskoolleerders te Porterville. Daar is plek vir 20 ouers op die bus teen R100 per persoon. Die bus vertrek stiptelik om 06h30.

Hiermee net ń herinnering dat die skool môre, 15 Januarie 2025 vir alle leerders om 7:30 begin.
Leerders kom netjies geklee in hul korrekte uniform en tree aan by hul register onderwyser van 2024.
Ons sien uit daarna om julle môre te ontvang.

Vandag, 13 Desember 2024 na 36 jaar in die onderwys, het Me. H. van Rooyen vir die eerste keer met ń ligter sak Citrusdal Primêr se terrein betree...en van ń rooi pen in daardie einste sak, was daar geen sprake nie...
Die laaste 6 maande van 2024 was vir Juffrou van Rooyen gekenmerk met ń paar "laastes"..
Die laaste keer dat sy haar verjaarsdag by die skool gevier het. Die laaste keer dat sy rapporte moes teken. Die laaste keer dat sy haar klas se deur agter haar toegetrek het.
Juffrou Van Rooyen het vir die laaste keer die bywoningsregister geteken, haar klas sleutel opgehang en die skool klok gelui. Dit was ook die laaste "Totsiens Kollegas".
Alhoewel vandag gekenmerk was met ń hele paar laastes, kan Juffrou ook uitsien na vele eerstes.
Saterdag 14 Desember 2024, gaan sy vir die eerste keer wakker word as ń "afgetreede" .
Maandag 13 Januarie 2025, die begin van die nuwe skooljaar , hoef juffrou nie haar sak reg te pak vir die skool. Sy is dan ń volwaardige afgetreede.
Ons wil u bedank vir alles wat u gedurende u tydperk by Citrusdal Primêr vir die skool, en veral die kinders beteken het. Dankie vir Juffrou se gesindheid en vriendelikheid.
Geniet die rus Juffrou.

Ons by Citrusdal Primêr wil graag ons opregte dank uitspreek teenoor die volgende persone en instansies wat ń bydrae gelewer het t.o.v ons The Rockettz funksie:
* Jean-Marie en Levona van Mouton Citrus
* Wian v/d Merwe van Citrusdal Country Lodge
* Linda van Zyl van Bydi Dam
* Citrusdal Spar
* Rico van OstriLand
* Brett "Bra Bee" Chibiku
* Kouestroom Bouers
U bydrae tot hierdie reuse sukses word opreg waardeer en ons sien uit na toekomstige vennootskappe en saam werk geleenthede.

NOVEMBER EKSAMEN
Ouers, soos in vorige kommunikasie genoem, herinner ons u graag weer aan die aanvangs van die eksamen op Maandag 18 November 2024 vir die Graad 7 leerders.
Grade 4-6 begin op Donderdag 21 November met hul eksamen.
Ons vra dus weer dat u sal toesien dat:
- u kind/kinders tyd spandeer met sy/hul boeke
- u kind skool toe kom met die regte uniform
- u kind die basiese skryfbehoeftes sal hê wanneer hy/sy die huis verlaat in die oggend
Die skool begin vanaf Maandag 18 November 2024 om 8h00 en verdaag om 13h00.
Liewe Ouers/Voogde
Neem hiermee kennis dat die ouervergadering wat uitgestel was, op Dinsdag 29 Oktober 2024 (more) om 19:00 in die skoolsaal sal plaasvind. Ons sien uit daarna om u daar te sien.

Daar's nog net ń paar ure oor voor..... THE ROCKETTZ!!!!
😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁😁
Die bus se optelpunte is as volg:
Eerste trip
Optelpunt 1 :
Bokant die skool @ 18:30
Optelpunt 2 :
Tweede ingang bokant Rivierview (waar die seisoenwerkers opklim) @ 19:00
Indien die bus vol is met die eerste rit, sal daar ń tweede rit wees.
Soos gekommunikeer, sal geen Citrusdal Primêr leerders toegelaat word nie. Kinders van ander skole sal volprys (R120) betaal.
Liewe Ouers/Voogde
Neem hiermee kennis dat die ouervergadering wat vir vanaand, 22 Oktober 2024 geskeduleer was, uitgestel is tot verdere kennisgewing.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Location
Category
Contact the school
Website
Address
Anemoon Street
Citrusdal
7340