05/10/2026
๐ฆ๐ช๐๐
Baie geluk aan al ons Gericke-swemmers van die Brave-swemklub wat gedurende die vakansie vanaf 1โ4 Oktober in Oudtshoorn aan die ๐ฐ๐ฑ๐๐๐ฒ ๐๐ฟ๐ฒ๐ฑ๐ฎ ๐๐ฎ๐ฟ๐ป๐ฎ๐ฟ๐ฑ-๐๐ถ๐๐ป๐ผ๐ฑ๐ถ๐ด๐ถ๐ป๐ด๐๐ด๐ฎ๐น๐ฎ deelgeneem het.
36 swemklubs oor verskeie distrikte het deelgeneem. Brave-swemklub van Ceres het 16 swemmers en hul ouderdomme wissel tussen 7 en 17 jaar. Saam swem hulle in 141 items en 5 aflosse en daar word 69 PB's behaal.
Hulle eindig algeheel 12de.
Dit was โn besondere geleentheid waar ons leerders hul uithouvermoรซ, deursettingsvermoรซ en sportmangees kon wys. Ons is trots op elkeen wat deelgeneem het en hul beste gegee het!
โn Spesiale gelukwensing aan ๐ ๐ฎ๐
๐ ๐ฎ๐น๐ต๐ฒ๐ฟ๐ฏ๐ฒ (ouderdom 13โ14) wat โn 3de plek in die
50 m vryslag behaal het!
Baie geluk aan al ons swemmers met hul deelname en harde werk. Julle het Gericke trots gemaak!