Laerskool Gericke Primary

Laerskool Gericke Primary By Laerskool Gericke
wil ons ons kinders laat fokus op die waardes en die reëls minimaliseer.

ONS HERINNER ALMAL NET HIERVAN! ASB GAAN VOLG DIE NUWE BLAD!Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons skool vanaf 1 Janu...
03/01/2026

ONS HERINNER ALMAL NET HIERVAN! ASB GAAN VOLG DIE NUWE BLAD!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons skool vanaf 1 Januarie 2026 ’n nuwe amptelike Facebook-blad sal gebruik!

Vanweë administratiewe redes en veranderde toegangsregte tot ons huidige blad, het ons besluit om ’n nuwe blad te skep. Tot en met 31 Desember sal ons nog hoofsaaklik ons huidige Facebook-blad gebruik. Vanaf 1 Januarie sal alle nuwe nuus, foto’s en inligting uitsluitlik op die nuwe blad gedeel word.

Ons nooi almal uit om die nuwe blad reeds nou te gaan volg:
https://www.facebook.com/profile.php?id=61583133547735

Ons waardeer elkeen se ondersteuning en samewerking, en sien daarna uit om saam met julle die volgende hoofstuk van ons skoolgemeenskap te begin.

Primary school

31/12/2025

Veels geluk oom Hilton (opsigter). Mag God oom ryklik seën en beskerm in die nuwe lewensjaar. Baie dankie vir alles wat oom doen vir die skool, ons waardeer dit.

Mag hierdie Kersfees gevul wees met God se vrede, liefde en genade. Geseënde Kersfees aan elkeen.
25/12/2025

Mag hierdie Kersfees gevul wees met God se vrede, liefde en genade.

Geseënde Kersfees aan elkeen.

24/12/2025

Veels geluk tannie Naomi. Mag God tannie ryklik seën en beskerm in die nuwe lewensjaar. Baie dankie vir alles wat tannie doen vir die skool, ons waardeer dit.

Baie geluk aan Francois Prins wat, ná afloop van die Khaya Majola-krieketweek, tot die SA o. 19-skolespan gekies is. Hy ...
22/12/2025

Baie geluk aan Francois Prins wat, ná afloop van die Khaya Majola-krieketweek, tot die SA o. 19-skolespan gekies is. Hy is ook aangewys as die beste "all-rounder" van die toernooi.

20/12/2025

Veels geluk juffrou Nina. Mag God juffrou ryklik seën en beskerm in die nuwe lewensjaar. Baie dankie vir alles wat juffrou doen vir die skool, ons waardeer dit.

TOP 10 AKADEMIESE UITBLINKERS Ons is ongelooflik trots om ons Top 10-leerlinge in elke graad te vier – ’n ware bewys van...
17/12/2025

TOP 10 AKADEMIESE UITBLINKERS

Ons is ongelooflik trots om ons Top 10-leerlinge in elke graad te vier – ’n ware bewys van harde werk, dissipline en uitnemendheid!

Ons is baie trots om te sê ons laagste graadgemiddeld onder ál die grade is ’n verstommende 84,6%.

Dit beteken ons leerders presteer op ’n uitsonderlike vlak – konsekwent en gesamentlik!

Baie geluk aan elke leerder wat ons skool met trots verteenwoordig.

Dít is hoe uitnemendheid lyk!

16/12/2025

Veels geluk oom Fred (algemene werker). Mag God oom ryklik seën en beskerm in die nuwe lewensjaar. Baie dankie vir alles wat oom doen vir die skool, ons waardeer dit.

Baie geluk Luan, ons is baie trots op jou.
14/12/2025

Baie geluk Luan, ons is baie trots op jou.

Baie geluk aan oud Charlie, Luan Giliomee, wat ingesluit is in die Blitzbokke 7s groep. Luan het hierdie week saam met die groep geoefen ter voorbereiding vir die SVNS reeks wat binnekort voortgaan.

Luan was ook die jaar deel van die Sharks se o.21-span wat as kampioene gekroon is, asook die SA o.19-span tydens hul Europese toer teen Ierland en Frankryk.

Ons is baie trots op Luan.

Address

Owen Street
Ceres

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27233121110

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Gericke Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Gericke Primary:

Shortcuts

Share