Charlie Hofmeyr

Charlie Hofmeyr Charlie Hofmeyr is 'n waardegedrewe skool. Ons staan vir: Respek, Regverdigheid, Eerlikheid, Verantwoordelikheid, Selfdissipline en Uitnemendheid.

Charlie Hofmeyr is gebou op die grondslag van ‘n Christelike waardesisteem, soos verwoord in die Erekode wat in 1926 opgestel is. Ons eerbiedig die Allerhoogste en al wat heilig is. Ons staan by ons ouers deur dik en dun. Ons strewe is karakter en nie blote kennis nie. Ons handhaaf ons leuse, Verdraagsaam dog Beslis. Ons krag is geleë in ons poging tot reinheid. Ons glo daaraan om werksaam en selfstandig te wees. Ons verfoei wat oneerlik, onbeleef en gemeen is. Ons bly trou aan vriende en leer mekaar die goeie. Ons waardeer en ondersteun ons skoolvereniginge. Ons bemin ons skool en hou hoog sy tradisies. (Opgestel deur Matriekklas 1926)





DIE STREWE VAN DIE HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR IS OM:

God bo alles lief te hê en ons naaste soos onsself. Getrou te wees aan ons geliefde vaderland, die Republiek van Suid-Afrika. Dankbaar en lojaal te wees teenoor die gemeenskap van Ceres. Ons skool te eer en sy goeie naam uit te dra. Ons vriende te ondersteun en mekaar die goeie te leer. Onsself gesond te hou na liggaam en gees. Deur selfopvoeding en die benutting van geleenthede ons volle potensiaal te bereik. LEUSE
Die skool se leuse VERDRAAGSAAM DOG BESLIS is vertaal vanuit die oorspronklike FORTITER IN RE, SWAVITER IN MODO. Die inhoud en gees van die leuse kan die beste beskryf word deur die woorde WEES STERK IN JOU SAAK MAAR SAG IN JOU MANIER.

30/09/2026
A breathtaking, enchanting and utterly stylish Moroccan affair!
25/09/2026

A breathtaking, enchanting and utterly stylish Moroccan affair!

🏏 Eerstespan Krieket toer! 🏏Charlie se eerstespan krieket vertrek die vakansie na Mosselbaai om deel te neem aan Hoërsko...
25/09/2026

🏏 Eerstespan Krieket toer! 🏏

Charlie se eerstespan krieket vertrek die vakansie na Mosselbaai om deel te neem aan Hoërskool Punt se jaarlikse krieketfees.

Die jong span gaan vier wedstryde speel, waaronder ’n besondere kragmeting teen die SWD Badgers se damesspan in Oudtshoorn.

Ons sien baie uit om te sien hoe ons seuns hulself op die veld van hul beste kant gaan wys!

Baie sterkte aan die span — speel met trots, geniet elke oomblik en maak Charlie trots!

’n Aand om te onthou! ✨Gisteraand was dit tyd vir ons 2026-matrieks om die laaste hoofstuk van hul skoolloopbaan op ’n b...
23/09/2026

’n Aand om te onthou! ✨

Gisteraand was dit tyd vir ons 2026-matrieks om die laaste hoofstuk van hul skoolloopbaan op ’n besondere manier te vier — en wat ’n aand was dit nie!

Die aand het by die skool afgeskop met ’n ongelooflik beplande en stylvolle modeparade, waar familie en vriende van wyd en suid die geleentheid gekry het om ons pragtige matrikulante en hul metgeselle te sien.

Agter hierdie sprokiesmooi modeparade was daar egter ’n ongelooflike span mense wat bereid was om hande te vat en alles moontlik te maak.

Aan me. Faricque Speelman, ons Graad 11-ouers, LLR, VRL, CH-personeel, terreinpersoneel, Fotografieklub, Stassen Auctioneers, Ooh-la-la Verhurings, ESL&Visuals, ons gaste en elke enkele persoon wat op enige manier gehelp het — BAIE DANKIE! Sonder julle sou ons nie so ’n besondere modeparade kon aanbied nie.

En toe wag daar nog ’n hele tweede gebeurtenis…

Die matrieks en hul metgeselle is daarna vervoer na ’n feestelike Marokkaanse aand, waar ’n betowerende atmosfeer, pragtige dekor, heerlike kos en spesiale oomblikke hulle ingewag het. 🕌✨

Dit was ’n aand gevul met lag, dans, vriendskap en herinneringe wat nog vir baie jare gekoester sal word.

Aan elke matriekleerder: Dankie dat julle die aand met soveel geesdrif, styl en energie gevul het. Ons hoop julle besef hoe spesiaal julle is en hoe ongelooflik trots ons op julle is.

Aan ons ouers: Dankie vir julle ondersteuning, opoffering, tyd en moeite deur die jare. Dankie dat julle saam met ons hierdie besondere mylpaal gevier het.

En aan me. Elizna de Korte en haar span ouers wat agter die skerms gewerk het: Dankie vir die ure se beplanning, reëlings, kreatiwiteit en harde werk. Geleenthede soos hierdie gebeur nie vanself nie — dit is die resultaat van mense wat bereid is om daardie ekstra myl te stap.

Gisteraand was nie net ’n matriekafskeid nie. Dit was ’n viering van ’n reis, van groei, van vriendskap en van ’n groep jongmense wat gereed staan om die wêreld daar buite aan te pak.

Matrieks van 2026, mag die herinneringe van gisteraand julle nog lank laat glimlag. Mag julle altyd onthou waar julle vandaan kom, die mense wat saam met julle gestap het en hoe ver julle reeds gekom het.

📸 Christian Brink

🎨 Ons is ongelooflik trots op Charné van Deventer!Charné se besonderse kunswerk was onlangs deel van die Landskap-uitsta...
21/09/2026

🎨 Ons is ongelooflik trots op Charné van Deventer!

Charné se besonderse kunswerk was onlangs deel van die Landskap-uitstalling by die Iziko South African Museum in Kaapstad – ’n besondere geleentheid om haar talent en kreatiwiteit ten toon te stel.

Die uitstalling is beoordeel deur Rory Emmett, ’n kontemporêre kunstenaar in Kaapstad. As erkenning vir haar harde werk, toewyding en kreatiwiteit is Charné ook met ’n sertifikaat vereer.

Baie geluk, Charné! Ons is ongelooflik trots op jou en op die passie, moeite en kreatiwiteit wat jy in jou kuns sit. Hou aan om jou stem deur kuns uit te druk, jou talent te ontwikkel en jou kreatiwiteit vrylik te laat vloei.

Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!

‘n Aand om te onthou by Huis McDonald!Die jaarlikse matriekete is onlangs by Huis McDonald gehou – ’n besonderse aand vo...
21/09/2026

‘n Aand om te onthou by Huis McDonald!

Die jaarlikse matriekete is onlangs by Huis McDonald gehou – ’n besonderse aand vol herinneringe, waardering en spesiale oomblikke.

Soos die gebruik is, het die matriekseuns se graad 8’s die geleentheid gehad om ’n kort toespraak vir hul matrieks te lewer. Soos altyd was dit besonders spesiaal.

Die koshuispersoneel, saam met van die seuns en ouers, het baie hard gewerk om van die aand iets besonders te maak. Die heerlike kos het die aand behoorlik afgerond!

Aan ons matriekseuns: mag julle hierdie laaste hoofstuk van julle skoolloopbaan met mooi herinneringe afsluit. Ons stuur julle met baie seënwense, liefde en hoop die toekoms tegemoet. Mag die pad vorentoe vir elkeen van julle gevul wees met geleenthede, groei en sukses.

Gaan maak julle merk, matrieks!

VRL-leierskapontwikkelingOp 17 en 18 September het ons VRL-leierskapontwikkelingsnaweek plaasgevind onder die tema “Hoek...
21/09/2026

VRL-leierskapontwikkeling

Op 17 en 18 September het ons VRL-leierskapontwikkelingsnaweek plaasgevind onder die tema “Hoekom?”

Ons leerders het die besondere voorreg gehad om na ’n verskeidenheid inspirerende sprekers te luister, naamlik mnr. Marco le Roux, mnr. Jacques Steyn, Sofia van der Merwe (hoofmeisie), Raynique Baron, Meggan-Lee Johnstone en ons maatskaplike werker, mev. Teresa Grimbreek.

Die geleentheid is bygewoon deur ons hoërskool se VRL, asook prefekte van omliggende laerskole. Dit was ’n suksesvolle en betekenisvolle naweek waartydens ons jong leiers die geleentheid gekry het om oor hul rol as leiers te besin, nuwe perspektiewe te verkry en waardevolle lewens- en leierskaplesse te leer.

’n Naweek vol groei, nadenke en inspirasie – met die fokus op die “Hoekom?” agter leierskap. 🌟

Address

Van Riebeeckstraat 17
Ceres
6835

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Charlie Hofmeyr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Charlie Hofmeyr:

Shortcuts

Share

Category