09/01/2026
🎉 Gelukkige Verjaarsdag aan ons Skoolhoof, Juffrou Baaitjies 🎉
Vandag vier ons nie net U verjaarsdag nie, maar ook die waardevolle rol wat U in ons skoolgemeenskap speel. U toewyding, visie en leierskap is ’n groot bydrae tot die groei en floreer van Northridge Primêr Skool.
Ons is opreg dankbaar vir die manier waarop Juffrou die skool met trots, integriteit en passie verteenwoordig. U insette laat ’n blywende impak op leerders, personeel en ouers, en word hoog aangeslaan deur almal.
Ons wens Juffrou Baaitjies ’n geseënde verjaarsdag toe, gevul met vreugde, goeie gesondheid en verdere sukses. Baie dankie vir alles wat u vir Northridge Primêr Skool beteken. Ons is dankbaar vir U diens, toewyding en die positiewe invloed wat U daagliks op ons skoolgemeenskap uitoefen. Mag die jaar wat voorlê vir U gevul wees met seën, wysheid en voortgesette sukses.
🧡💚