05/08/2021
Goeie Naand Alle Ouers.
Dit is vir ons as personeel sowel as beheerraad, groot hartseer om u in kennis te stel dat nog van ons personeellede positief getoets het vir covid-19. Dus, om ons kleuters, sowel as elke ouer veilig te hou, sal die skool ongelukkig gesluit bly vanaf 6 - 13 Augustus 2021.
Die meerderheid van ons personeellede wat positief getoets was, se tydperk van isolasie sal 13 Augustus 2021 verstryk. Neem kennis dat ons volgens die Departement van Gesondheid se Riglyne moet optree, om die verspreiding van die virus te verminder. Ons sal u weer in kennis stel aangaande die heropening van die skool op 16 Augustus 2021.
Vertrou dat die bogenoemde in orde is en dat almal gesond sal bly. Indien u enige navrae het voel vry om my te kontak by 0748708085
Die Uwe
Randall Maart-Petersen
Voorsitter Beheerraad