09/08/2025
Vir Vrouedag het ons 'n spesiale skryfklas gehad met Joseph Cambell se 'The Hero's journey' as inspirasie.
Ons het onverskrokke heldinne geskep met bonatuurlike kragte en hulle op 'n epiese reis gestuur om 'n vreesbevange dogtertjie te gaan red.
Joseph Cambell het gesê: “The cave you fear to enter holds the treasure you seek”. Saam het ons diep gaan delf om hierdie reddingspoging (in ons storie en in ons lewens) te laat slaag.