02/06/2026
SKAAK: GAUTENG, HIER KOM DIE WIERIES!
Laerskool Wierdapark is ongelooflik trots op ons vyf leerders wat deurgedring het na die Gauteng Skole Individuele Toernooi nadat hulle uitstekende prestasies gelewer het by die D4 Individuele Finale.
Sanli van Zyl is as wenner gekroon in die o.11-meisiesafdeling.
Simon Barkhuizen behaal 'n tweede plek in die o.13-seunsafdeling, terwyl Zoe Eksteen ook 'n tweede plek verower het in die o.12-meisiesafdeling.
Zander van der Merwe en Abigail Nawrattel het eveneens uitstekend presteer en deurgedring na die Gauteng-toernooi.
Baie geluk aan elkeen van hierdie Wieries. Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding maak ons ongelooflik trots. Ons wens julle alle sterkte toe vir die volgende rondte!
02/06/2026
LAASTE WEEK VAN RUGBYWEDSTRYDE
Hoërskool Zwartkop het ons 1ste rugbyspan kom sterkte toewens vir hul laaste week van laerskoolrugby.
Manne, baie sterkte met vandag se wedstryd teen Laerskool Hennopspark! Speel met trots, passie en die ware Wierie-gees.
02/06/2026
HOEKOM SOEK JY NOG?
Moenie verder soek nie! Kom loer gerus in by Laerskool Wierdapark – ’n skool waar elke leerder die geleentheid kry om tot sy/haar volle potensiaal te groei en te floreer.
Maak gerus kontak om ’n persoonlike skooltoer te bespreek en self die Wierie-gees te beleef.
[email protected] | 012 654 3350
01/06/2026
𝗚𝗛𝗢𝗟𝗙𝗗𝗔𝗚 𝟮𝟬𝟮𝟲
Laat die Gholfdag beplanning begin!
Wil jy ons Gholfdag 2026 𝙃𝙊𝙊𝙁𝘽𝙊𝙍𝙂 wees?
Bespreek selfs jou 4bal of putjie!
Vul die Google vorm in: https://forms.gle/foHw1ED8VQVc2Ryf8
Stuur gerus ń e-pos aan [email protected] / [email protected]
01/06/2026
GRAAD 4
Ons Gr. 4 Wieries het hul eerste groot eksamen aangepak, ’n besondere mylpaal op hul akademiese reis. Met opgewondenheid, deursettingsvermoë en groeiende selfvertroue pak hulle elke vraestel aan en wys dat harde werk en voorbereiding vrugte afwerp.
’n Groot dankie aan Hoërskool Eldoraigne wat seker gemaak het ons Wieries voel gereed en rustig om dié nuwe uitdaging met moed aan te pak. Ons is ongelooflik trots op ons Gr. 4’s se akademiese groei en die manier waarop hulle reeds as jong leerders verantwoordelikheid en vasberadenheid wys. Wieries groei nie net in kennis nie, maar ook in karakter.
01/06/2026
REDENAARS
Ons Wieries was warm by die ATKV-Semifinaal die naweek!
Dankie dat julle so hard werk aan julle toesprake en altyd op julle beste lyk en deelneem!
01/06/2026
𝗢𝗡𝗦 𝗩𝗜𝗦𝗜𝗘 𝗘𝗡 𝗠𝗜𝗦𝗦𝗜𝗘
Het jy geweet Laerskool Wierdapark pak elke dag aan met ons Visie en Missie ingedagte? Ons streef daarna om elke dag aan ons leerders te BOU!
29/05/2026
NETBAL LIGA AFSLUITING
Gister het ons Wieries ons laaste ligawedstryde met trots, deursettingsvermoë en ware spangees aangepak teen Constantiapark. Met 11 oorwinnings, 1 gelykopuitslag en slegs 4 nederlae, sluit ons die liga sterk af.
’n Spesiale woord aan ons o.13-spanne vir wie dit hul laaste laerskool ligawedstryde was. Dankie dat julle die groen en geel met trots gedra het en voorbeeldige leierskap op en langs die baan gewys het. Julle nalatenskap bly deel van Wierie-netbal.
Baie dankie aan elke afrigter vir julle tyd, toewyding en leiding, asook aan ons lojale ondersteuners wat elke wedstryd met aanmoediging en trots langs die baan gestaan het. Wieries staan saam!
Netbaluitslae:
Wierdapark vs Constantiapark
10A: 21-30 CP
10B: 13-14 CP
10C: 3-18 CP
10D: 19-5 WP
11A: 28-15 WP
11B: 15-15 Gelyk
11C: 3-14 CP
11D: 13-5 WP
12A: 14-13 WP
12B: 30-20 WP
12C: 25-1 WP
12D: 9-8 WP
13A: 28-12 WP
13B: 21-5 WP
13C: 31-6 WP
13D: 17-16 WP
29/05/2026
RUGBY
Ons Wieries het ‘n pragtige dag van rugby tuis geniet teen Laerskool Constantiapark. Op die veld was daar deursettingsvermoë, spanwerk en groot sportmangees te sien. Ons is trots op elke speler wat met trots die groen en goud verteenwoordig het!
o.9A: 24–12 WP
o.9B: 26–5 WP
o.9C: Geen wedstryd
o.10A: 12–7 WP
o.10B: 12–7 WP
o.10C: 35–7 WP
o.11A: 49–5 WP
o.11B: 49–0 WP
o.11C: Geen wedstryd
o.13A: 50–0 WP
o.13B: 54–5 WP
o.13C: 33–14 WP
o.13D: 49–0 WP (11 min)
o.13E: 5 punte
Baie geluk aan al ons Wieries met puik spel en mooi sportmangees!