Doxa Deo Kids Academy Bambi

Doxa Deo Kids Academy Bambi Welcome to Centurion’s oldest and most trusted school! Join us in building strong foundations for your little ones' future!

We are a Christ-centered institution, offering a nurturing and loving environment for children from babies to toddlers.

04/09/2026

By Bambi was dit ’n week vol pret, kreatiwiteit en sommer baie kleur! 🌈
Ons het lekker Loslitdag gevier en ook ons Funky Hair Day gehad – met die mooiste, snaaksste en kreatiefste haarstyle! 😄💇‍♀️

Ons maatjies het dit behoorlik geniet, en die oulikste krone is ook gemaak! 👑✨
Dit is altyd so spesiaal om te sien hoe ons kinders hulself kan uitleef, kreatief kan wees en net lekker saam kan speel en pret hê. 💛

Bambi – waar elke dag ’n nuwe avontuur is! 🌱🥰

20/08/2026

DDKA Bambi het vandag die wêreld van kleure ontdek! 🌈

Ons kleintjies het geleer om verskillende kleure te herken, te sorteer en bymekaar te pas. 🎨

Deur speel en praktiese aktiwiteite ontwikkel ons nie net kleurherkenning nie, maar ook ons konsentrasie, denkvaardighede en fyn motoriese vaardighede.

Leer kan lekker wees! 💛💙❤️💚

🍍 By Doxa Deo Kids Academy Bambi leer ons elke dag iets nuuts!Ons student, Juffrou Jenny, het vandag vir ons alles van p...
05/08/2026

🍍 By Doxa Deo Kids Academy Bambi leer ons elke dag iets nuuts!

Ons student, Juffrou Jenny, het vandag vir ons alles van pynappels geleer. Ons het die pynappel van nader bekyk, daaraan geruik en natuurlik ook daarvan geproe!

By Doxa Deo Kids Academy glo ons dat kinders die beste leer deur te ontdek, te ervaar en self deel te neem.

🍍

03/08/2026
🌈✂️ Leer deur doen!Ons ouer maats by Doxa Deo Kids Akademie Bambi ontwikkel daagliks belangrike vaardighede deur prettig...
22/07/2026

🌈✂️ Leer deur doen!

Ons ouer maats by Doxa Deo Kids Akademie Bambi ontwikkel daagliks belangrike vaardighede deur prettige, doelgerigte aktiwiteite. Hierdie week het ons gefokus op kleure, vorms en patrone, wat help om logiese denke, waarneming en vroeë wiskundige begrip te ontwikkel.

✂️ Knipvaardighede is ook 'n groot fokus, aangesien dit die handspiere versterk wat nodig is vir skryf. Deur klei te rol, ontwikkel ons fynmotoriese beheer, handkrag en hand-oog-koördinasie – alles noodsaaklike boustene vir skoolgereedheid.

💛 Elke aktiwiteit is ontwerp om spel en leer hand aan hand te laat gaan.

🌟 Speel is hoe ons kleintjies die wêreld ontdek! 🕸️🧶In ons Babaklas het ons met 'n spinnekopweb en wol gewerk om fynmoto...
22/07/2026

🌟 Speel is hoe ons kleintjies die wêreld ontdek! 🕸️🧶

In ons Babaklas het ons met 'n spinnekopweb en wol gewerk om fynmotoriese vaardighede, hand-oog-koördinasie, kreatiwiteit en probleemoplossing op 'n prettige manier te ontwikkel. Elke aktiwiteit bou aan 'n sterk grondslag vir toekomstige leer. 💛

Baie dankie aan die MOMMAmia-program wat deel vorm van ons kurrikulum en ons kleintjies op 'n kreatiewe en betekenisvolle manier help ontwikkel! MommaMia

21/07/2026

Ons vakansieprogram was propvol pret... en nou is dit tyd vir Kwartaal 3!

Wat 'n wonderlike vakansie het ons saam geniet! Ons het gespeel, gelag, ontdek, nuwe herinneringe gemaak en natuurlik ook 'n bietjie gerus om ons energie weer aan te vul. 💛

Nou is ons gereed vir Kwartaal 3 – 'n kwartaal vol nuwe avonture, kreatiewe aktiwiteite, leer deur speel en baie spesiale oomblikke saam met ons Bambi-maats. 🧸✨

Ons is so opgewonde om al ons klein ontdekkers weer terug te verwelkom!

Kom ons maak van Kwartaal 3 nóg 'n onvergeetlike kwartaal! 🌼💙

🌱 Give your child the best start to their learning journey at Doxa Deo Kids Academy!We offer a nurturing, Christ-centred...
29/06/2026

🌱 Give your child the best start to their learning journey at Doxa Deo Kids Academy!

We offer a nurturing, Christ-centred environment where children are encouraged to learn, grow and thrive every day.

✨ Doxa Deo Curriculum
✨ Inspired by the Norwegian approach to learning
✨ Robotics & Coding
✨ Momma Mia Programme
✨ Exciting extramural activities
✨ Passionate and caring teachers

At Doxa Deo Kids Academy, we don't just prepare children for school—we prepare them for life.

Enrolments are now open. Contact us today to find out more!

🌟 Vadersdag by Doxa Deo Kids Academy 🌟'n Groot dankie aan al ons wonderlike pappas wat elke dag liefde, leiding, beskerm...
19/06/2026

🌟 Vadersdag by Doxa Deo Kids Academy 🌟

'n Groot dankie aan al ons wonderlike pappas wat elke dag liefde, leiding, beskerming en ondersteuning aan julle kinders gee. Julle maak 'n onskatbare verskil in hulle lewens en help om die fondasie vir hulle toekoms te bou. 💙

Ons wil ook ons opregte waardering uitspreek teenoor ons toegewyde personeel wat met soveel liefde, kreatiwiteit en harde werk hierdie spesiale Vadersdagviering moontlik gemaak het. Julle passie en omgee skep onvergeetlike herinneringe vir ons kinders en families.

Dankie aan elke pappa wat die dag saam met ons kom vier het, en dankie aan elke personeellid wat gehelp het om dit 'n sukses te maak. Julle maak Doxa Deo Kids Academy 'n besondere plek waar kinders en families floreer.

Ons wil net graag vir Terug Ploeg dankie sê wat ons Pappas bederf het met bietjie wilds biltong.

💙 Gelukkige Vadersdag!
*"Die regverdige wandel in sy opregtheid; gelukkig is sy kinders ná hom."* – Spreuke 20:7

💙👨‍👧‍👦✨

08/06/2026

👶💛 MommaMia Pret by BAMBI! 💛👶

Ons babas het die MommaMia-program terdeë geniet! Hierdie spesiale aktiwiteite is ontwerp om ontwikkeling deur spel, beweging, ontdekking en sensoriese ervarings te stimuleer.

Daar was baie glimlagte, laggies en opgewonde gesiggies terwyl ons klein maatjies nuwe dinge ontdek en verken het. Elke oomblik dra by tot hul groei, selfvertroue en ontwikkeling op 'n prettige en liefdevolle manier. 🌈✨

Ons sien reeds uit na die volgende MommaMia-sessie vol pret, leer en kosbare herinneringe! 🥰

💛👶✨

Address

218 Retief Avenue, Lyttleton Manor
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:00
Tuesday 06:30 - 17:00
Wednesday 06:30 - 17:00
Thursday 06:30 - 05:00
Friday 06:30 - 17:00

Telephone

+27126645275

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doxa Deo Kids Academy Bambi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Doxa Deo Kids Academy Bambi:

Shortcuts

Share

Category