17/08/2026
EERSTE SPAN HOKKIEDOGTERS SLUIT ’N ONVERGEETLIKE SEISOEN OP ’N HOË NOOT AF! 🏑💚
Ons eerste span hokkiedogters het uitstekend gevaar in die Noordvaal Plaat-divisie die naweek. Hulle het al hulle wedstryde gewen en het in die kwarteindstryd teen Middelburg gelykop gespeel. Ongelukkig het hulle in sudden death verloor, maar hulle het steeds ’n fantastiese 5de plek behaal. Ons is ongelooflik trots op elke speler en die manier waarop hulle hul harte op die veld gegee het!
’n Baie spesiale oomblik was toe ons matrieks hul laaste wedstryd vir die span gespeel het en op ’n besondere wyse gegroet is. Dit was ’n emosionele en onvergeetlike oomblik.
Aan ons matrieks – Kaylin O’Toole, Leané du Plessis, Anouk van Heerden, Jana van Dyk en Zoë Rich – baie dankie vir julle toewyding, harde werk en die passie waarmee julle jul harte vir die span gegee het. Julle het ’n besonderse bydrae gelewer en sal beslis gemis word.
Sterkte met hierdie nuwe hoofstuk van julle lewens. Ons is baie trots op julle en wens julle net die beste toe vir die pad vorentoe!
17/08/2026
🏉 WEN GROOT MET ELDORAIGNE SE EERSTE RUGBYRAAI! 🏉
Is jou rugby-voorspellings altyd in die kol? Bewys dit met Hoërskool Eldoraigne se Rugbyraai-kompetisie! Daar is 4 toetse, 4 weke en 4 wenners.
Ons skop af met die groot wedstryd op 22 Augustus en jy kan lekker pryse wen!
Hoe werk dit?
1️⃣ Klik op die skakel hieronder of skandeer die kode (R20 per raaiskoot – daar is meer as een raaiskoot beskikbaar).
2️⃣ Voorspel die korrekte eindtelling vir die Springbokke vs. All Blacks.
3️⃣ Staan die kans om weekliks groot pryse te wen!
𝐊𝐎𝐎𝐏 𝐉𝐎𝐔 𝐑𝐀𝐀𝐈𝐒𝐊𝐎𝐓𝐄 𝐕𝐈𝐑 𝟐𝟐 𝐀𝐔𝐆𝐔𝐒𝐓𝐔𝐒 𝐇𝐈𝐄𝐑:
- Inligtingsblad: https://itickets.co.za/events/486884
- Koopblad-skakel: https://itickets.co.za/register/new/486884?
𝐼𝑛𝑠𝑘𝑟𝑦𝑤𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑑𝑠𝑡𝑟𝑦𝑑𝑑 𝑖𝑠 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑛𝑔 𝑜𝑝 𝑆𝑎𝑡𝑒𝑟𝑑𝑎𝑔, 22 𝐴𝑢𝑔𝑢𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑜𝑚 15:00.
Elke week bring ’n nuwe wedstryd en ’n nuwe kompetisie. Hou ons sosiale media dop sodat jy die unieke skakel vir elke week se rugbyraai dadelik kry!
16/08/2026
O.14A-HOKKIEDOGTERS WEN BRONS BY NOORDVAAL-FINAAL 🏑🥉
Baie geluk aan ons O.14A-dogtershokkiespan met ’n uitstekende vertoning teen Lichtenburg in die Noordvaal-finaal.
Na ’n spannende wedstryd speel hulle gelykop. Die span het kalm gebly en met vasberadenheid die penalty’s 3–2 gewen om die bronsmedalje te verower – ’n mooi prestasie en ’n bewys van hul deursettingsvermoë.
Ons is ongelooflik trots op julle en julle afrigters. Baie geluk met hierdie uitstekende prestasie!
15/08/2026
O.14A-RUGBYSPAN DRING DEUR NA DIE NOORDVAAL-FINAAL!
Ons harte klop groen van trots! 💚🏉
Ons O.14A-rugbyspan het met ’n 24–20-oorwinning oor Ligbron in die semi-finaal hul plek in die Noordvaal-finaal verseker!
Julle maak ons ongelooflik trots! Ons kan nie wag om julle volgende naweek in die finaal in aksie te sien nie.
Baie geluk, manne!
14/08/2026
BLOU BULLE RUGBYAFRIGTER-SIMPOSIUM 2026
Vandag is ons rugbyafrigters by die Blou Bulle Rugbyafrigter-simposium 2026, waar hulle saam met ander afrigters leer, idees deel en nuwe perspektiewe oor die moderne rugbyspel kry.
Van sportwetenskap en data-analise tot verdediging, suksesvolle rugbykulture en moderne aanvalstendense – daar is hope nuwe kennis om huis toe te bring!
Ons weet hulle gaan terugkom met nuwe idees, nuwe energie en baie kennis om Eldo-rugby na die volgende vlak te neem!
14/08/2026
CLARISSA IS 'N FINALIS VIR MEJ. GAUTENG SKOLE
Ons is baie trots op Clarissa Shepperd, ’n Graad 9-leerder, wat as ’n finalis in die 13–15-jaar-kategorie van die Mej. Gauteng Skole-kompetisie aangewys is!
Ons spog ook met die 2024-wenner, Minke Botha, wat ook ’n Eldo is, asook met Bernard Olivier, wat in dieselfde jaar as 2de Prins gekroon is.
Help ons om vir Clarissa te ondersteun! Besoek gerus die Mr & Miss Gauteng Schools Facebook-blad en stem vir Clarissa. https://www.facebook.com/GautengSchool
Sterkte, Clarissa – ons staan agter jou!