10/09/2026
Nie alles gaan altyd soos ons dit wil hê nie. Soms val die bal presies reg. Soms nie. Soms lig jy die kolf ná ’n wedstryd vol trots en ander kere stap jy van die veld af met teleurstelling in jou hart.
Maar dit is juis in daardie oomblikke wat ons leer.
Elke wedstryd leer ons om nederig te wees. Wanneer ons wen, vier ons dit met nederige trots. Wanneer ons verloor, neem ons ’n les saam met ons. Ons leer om weer op te staan, weer te probeer en volgende keer nóg beter te wees.
Want talent is wonderlik, maar karakter, volharding en deursettingsvermoë is wat ’n ware kampioen bou.
Opgee? Nooit.
Swarries weet nie van opgee nie.
Swarries weet van volharding.
Swarries weet van uithouvermoë.
Swarries weet van weer probeer.
Swarries weet hoe om ná ’n teleurstelling hul kop op te tel en weer vorentoe te kyk.
Hou aan droom. Hou aan werk. Hou aan glo.
Ons is trots op jou, wen of verloor!